Huiseienaars kry dalk sê teen banke
Wetsontwerp voor Nasionale Raad
Die direkteur van die LAC is oortuig daarvan dat die wetsontwerp billik sal wees teenoor individue wat 'n huisverband het, hoewel sy meen banke sal waarskynlik strenger maatreëls vir die toekenning van lenings implementeer.
“In die verlede het banke basies oor mense geloop wat geld geskuld het. Dié wetsontwerp gaan vir die huiseienaars ’n voet gee om teen banke op te staan. Hulle gaan ’n sê hê oor hoe die geld terugbetaal kan word. Dit is meer menslik.”
So sê die direkteur van die Regshulpsentrum (LAC), Toni Hancox, oor die wetsontwerp wat tans voor die Nasionale Raad (NR) is vir die wysiging van die Hoërhofwet 16 van 1990 met die doel om beperkings in te stel op die verkoop van vaste eiendom in eksekusie.
“Dit plaas die huiseienaar in ’n baie beter posisie om die situasie te bestuur en die eerste stap van die bank gaan nie meer wees om die huis in eksekusie te verkoop nie.”
Die wetsontwerp is nog nie aanvaar nie. Hancox sê egter talle howe het reeds die uitgangspunt gebruik deur na ander opsies te kyk waar moontlik.
“Ek is nie seker wanneer die wetsontwerp aanvaar sal word nie. Ek glo egter dat dit vinnig sal wees, want ek dink nie enigiemand het iets daarteen nie,” het sy aan Republikein gesê.
‘NADEEL’ VIR BANKE
Hancox is oortuig daarvan dat die wetsontwerp billik sal wees teenoor individue wat ’n huisverband het, hoewel sy meen banke sal waarskynlik strenger maatreëls vir die toekenning van lenings implementeer.
“Die banke word nou in ’n situasie ingetrek waar hulle langer vir hulle geld gaan wag en dit sal ook hulle rente beïnvloed. Dit is egter die banke se besluit wat hulle gaan doen.”
Ander regskenners meen die wysiging sal moontlik tot gevolg hê dat banke geneig sal wees om minder krediet aan Jan Alleman goed te keur.
Die wetsontwerp beoog om ’n definisie vir “primêre woning” by te voeg wat soos volg sal lui: “‘Primêre woning’ beteken ’n woning wat ’n persoon as hom of haar hoofverblyf gebruik, ongeag of daardie persoon af en toe by enige ander woonplek woon of ’n ander woonplek besit”.
Ingevolge dié definisie sal meer eiendomme as primêre wonings geklassifiseer word. Die impak daarvan is wanneer ’n primêre woning in eksekusie verkoop word, moet dit op 75% van die markwaarde opgeveil word, teenoor ander eiendomme wat nie onder dié vereiste val nie.
Die regskenner, toegelate regspraktisyn en die direkteur van Morland Inc., Kelly Morland, sê die hoër reserweprys sal dit moeiliker maak om eiendomme in eksekusie te verkoop en banke sal dan ook meer sukkel om hulle geld in te vorder.
“Dit sal die ekonomie beïnvloed, asook die banke veral ten opsigte van hoeveel krediet hulle gaan gee en óf hulle enige krediet gaan gee, want hulle mag dalk hulself afvra, hoe gaan hulle die geld terugkry?”
REGULASIES TEEN LEKE
Die wetsontwerp versoek ook om die regterpresident die mag te gee om reëls te maak wat die prosedure vir die oordrag van regte in hofsake reguleer.
Dit het betrekking op individue wat aan leke-litigante toestemming gee om hulle in die hof te verteenwoordig ten spyte van die feit dat hulle nie toegelate regspraktisyns is nie.
“Ek dink nie hierdie verandering sal sleg wees nie, maar in die belang van die wet en orde in Namibië,” meen Morland.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie