Husab se oortydeise het verval
Die hooggeregshof het beslis die hof het nie jurisdiksie oor oortydeise van 721 mynwerkers by Swakop Uranium se Husab-myn nie.
Regters Dave Smuts, Hosea Angula en Shafimana Ueitele het saamgestem dat die mynwerkers se oortydeise vir die tydperk vanaf Maart 2015 tot September 2016 van meer as N$55 miljoen slegs volgens die Arbeidswet nommer 11 van 2007 kan geskied.
Die wet vereis dat ʼn geskil van dié aard binne ʼn jaar van die voorval na ʼn arbeidskommissaris verwys moet word. Die eise word dus weens 'n gebrek aan jurisdiksie van die hof van die hand gewys. Geen bevel is ook ten opsigte van koste gemaak nie.
Adv. Raymond Heathcote het namens Swakop Uranium opgetree.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie