Justisieministerie wil kliëntediens verbeter
“Ons werk, gesindheid, toeganklikheid en kliëntedienskultuur moet voor onsself geplaas word. Ons interaksie met die publiek moet opreg wees en nie opportunisties nie.”
Só het die minister van justisie, Yvonne Dausab, verlede week gesê tydens die ministerie se strategiese beplanningswerkwinkel wat in Swakopmund gehou is.
Die geleentheid het op 21 en 22 Mei plaasgevind en is deur senior amptenare bygewoon om terugskouend oor sy prestasies te besin en planne vir die ministerie se toekoms te bespreek.
Dausab het in haar openingstoespraak die belangrikheid van voortgesette staatsdiens beklemtoon, veral gedurende die verkiesingstydperk.
Die strategiese plan vir 2025-’30 is ook tydens hierdie geleentheid uiteengesit met Namibië se Visie 2030 as grondslag en met inagneming van die komende Nasionale Ontwikkelingsplan (NOP6).
Dausab meen dit is belangrik dat die ministerie se pogings belyn is met die nasionale visie vir ’n “welvarende en geïndustrialiseerde Namibië”.
Belangrike strategiese kwessies is ook geïdentifiseer met die oog op verbetering vir die 2025-’30-tydperk.
Die kwessies sluit in die prioritisering van mensgesentreerde kliëntediens, die verbetering van kliënte-onderrig, die betrokkenheid van belanghebbendes, toegang tot geregtigheid vir gemarginaliseerde gemeenskappe, die implementering van maatreëls om institusionele doeltreffendheid verder te bevorder, die hersiening en wysiging van wette in ooreenstemming met internasionale praktyke en die hantering van regsuitdagings soos kunsmatige intelligensie.
Dausab het ook die ministerie se visie herhaal om ’n regverdige en deursigtige regsdiens aan alle Namibiërs te lewer en die ministerie se verbintenis tot uitnemende diens beklemtoon.
Volgens haar bly die ministerie onwrikbaar in sy missie om geregtigheid te handhaaf, die oppergesag van die reg te bevorder en billike toegang tot regsdienste vir alle landsburgers te verseker.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie