/Khomanin kry 8 000 ha grond
Eerste kommunale grond in Khomas toegeken
'n Tradisionele groep se stryd het in 1990 begin toe hulle voor die hekke van die Daan Viljoen Nasionale Wildreservaat betoog en toegang tot grond geëis het.
Die regering is steeds daartoe verbind om meer kommersiële grond te bekom om kommunale grond in die Khomasstreek uit te brei.
Só het die minister van landbou, water en grondhervorming, Calle Schlettwein, Maandag tydens die oorhandiging van kommunale grond van byna 8 133 hektaar aan die /Khomanin Tradisionele Owerheid gesê.
Hy sê hul stryd het in 1990 begin toe hulle voor die hekke van die Daan Viljoen Nasionale Wildreservaat betoog en toegang tot grond geëis het.
“Die Khomasstreek het nie kommunale grond binne sy grense nie. Toe Namibië in 1990 sy onafhanklikheid verkry het, was dit die enigste streek sonder kommunale grond,” het Schlettwein verduidelik.
“Grond was slegs as staatsgrond deur die staat besit, of as andersins wettiglik deur private entiteite. Eienaarskap van grond is gereguleer deur ’n vrye besitregstelsel of kon slegs verkry word deur huurregte, in beide kommersiële en dorpsgrond.
“Daar was geen gebruiklike grondregtetoekenning nie, omdat daar geen statutêre instansies was wat die mandaat gekry het om dit te reguleer nie weens die afwesigheid van kommunale grond.”
Volgens Schlettwein is tydens die tweede nasionale grondkonferensie in 2018 weer eens ’n beroep gedoen om spesifiek kommunale grond in Khomas te vestig.
“Uiteindelik is kommunale grond in die Khomasstreek geskep, nadat die regering grond van twee kommersiële plase in die streek bekom het.”
Gedeeltes van die plase Groot Korasieplaats met ’n gesamentlike grootte van 8 132,9 hektaar is verkry teen ’n koste van byna N$33,9 miljoen, insluitend oordragkoste.
“Na die verkryging het die regering deur die kabinet besluit om die plaasgrond na kommunale grond vir die /Khomanin Tradisionele Owerheid om te skakel,” het Schlettwein gesê.
Hy sê hy weet die hektaargrootte van die plase oos van die Hosea Kutako Internasionale Lughawe is te klein om die groot gemeenskap van die /Khomanin te akkommodeer.
“Ek sien egter hierdie vestiging van kommunale grond as ’n deurbraak.”
Hy doen derhalwe ’n beroep op eienaars van die buurplase direk langsaan om meer plase aan te bied vir die uitbreiding van hierdie kommunale grond.
“Ek sien dit as ’n goeie begin om ons gemeenskap in die rigting van landbou- en ander ekonomiese bedrywighede te verenig.
“Dis ’n goeie begin vir die /Khomanin Tradisionele Owerheid om sy ontneemde tradisies te versterk. Dis ’n goeie begin om ons kinders te leer oor landbou en hoe om hulself van die grond te onderhou,” het Schlettwein gesê.
“Ek glo sterk dat alles klein begin en later uitbrei. ’n Huis word eers met een baksteen gebou totdat ’n volledige huis ’n werklikheid word.”
Die minister het die versekering gegee dat die klaarblyklike wanbestuur van kommunale grond in Namibië getakel word. Dit behels onder meer onwettige heinings, die handel in grondregte in kommunale gebiede, oorbeweiding, oorbenutting van hulpbronne, stropery, onwettige jag en vandalisme van infrastruktuur.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie