Die brug oor die Oranjerivier tussen Velloorsdrift en Onseepkans. FOTO VERSKAF
Die brug oor die Oranjerivier tussen Velloorsdrift en Onseepkans. FOTO VERSKAF

Kleiner grensposte heropen binnekort

Immigrasiebeamptes reeds ontplooi
Vir toeriste uit Namibië of Suid-Afrika wat graag van die hoofroetes afwyk, is die heropening van die kleiner grensposte 'n welkome vooruitsig.
Ronelle Rademeyer
Immigrasiebeamptes is reeds na die kleiner landsgrensposte tussen Namibië en Suid-Afrika ontplooi en ’n aankondiging oor die heropening van hierdie grensposte sal vandeesweek gemaak word.

Volgens die uitvoerende direkteur van binnelandse sake, immigrasie, veiligheid en sekuriteit, mnr. Etienne Maritz, is sy ministerie besig met die finale voorbereidings om die grensposte te heropen en sal die datums deur die loop van die week bekend gemaak word.

“Ons immigrasiebeamptes is reeds by al dié dienspunte uitgeplaas,” het hy by navraag gesê.

Die proses behels dat hulle deur die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS) opgelei word in die toepassing van die gesondheidsvereistes wat vir reisigers geld.

By die groter grensposte soos Buitepos, Ariamsvlei en Noordoewer is gesondheidsbeamptes van MoHSS voltyds in diens om seker te maak besoekers beskik oor ’n Covid-19-inentingsertifikaat wat toon hulle is volledig ingeënt, of ’n negatiewe PCR-toets indien hulle nie ingeënt is nie.

“Die opleiding sal die heropening van hierdie grensposte moontlik maak sonder dat MoHSS gesondheidsbeamptes hoef te ontplooi,” sê Maritz.

Die grensposte wat sedert Maart 2020 met die aankonding van die Covid-19-inperkingstyd gesluit is, is die een by Mata Mata naby Gochas, Klein Menasse naby Aroab, die Velloorsdrift-Onseepkans-grenspos suid van Karasburg en Sendelingsdrift by Rosh Pinah.

Die grenspos tussen Oranjemund en Alexanderbaai het verlede jaar heropen, terwyl dié by Buitepos, Ariamsvlei en Noordoewer deurgaans oop was sodat die vloei van vragverkeer tussen Namibië en Suid-Afrika onbelemmerd kon geskied, selfs tydens die streng inperkingstye.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!