Konferensie fokus op landskapbestuur
’n Nasionale konferensie het vandeesweek in Windhoek plaasgevind wat gefokus het op navorsing binne die sektor van landskapbestuur met die hoofdoel om armoede te bekamp.
Die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme het ’n projek geïmplementeer wat ’n benadering van geïntegreerde landskap gebruik in ’n poging om mense se lewensbestaan te verbeter en armoede hok te slaan. Dit het ten doel om armoede te verminder deur ’n natuurgebaseerde lewensbestaan aan te moedig. Die projek staan bekend as die NILALEG.
Die Global Environmental Facility (GEF) bestuur en finansier die projek deur die Verenigde Nasies se Ontwikkelingsprogram (UNDP).
Nog ’n doelwit van die projek is om met sy geïntegreerde landskapbestuursbenadering sekere landbou- en woudlandskappe te verbeter en te beskerm.
KONFERENSIE
Die ministerie het die tweedag-konferensie in samewerking met die Internasionale Universiteit van Bestuur (IUM) aangebied.
Die omgewingsminister, Pohamba Shifeta, het Dinsdag die konferensie geopen.
Volgens die ministerie poog die konferensie om ’n noodsaaklike platform te bied aan relevante belanghebbendes, navorsers, praktisyns en besluitnemers om belangrike onderwerpe te bespreek en navorsingsgapings in landskapbestuur te identifiseer.
Nog ’n beoogde uitkoms van die konferensie was om die besluitnemers en skenkers in te lig oor beskikbare geleenthede wat binne die sektor bestaan, wat sal help om die mobilisering van hulpbronne vir die implementering van toekomstige landskapbenaderingsinisiatiewe te bespoedig en om bewusmaking te skep oor die belangrikheid van volhoubare grondbestuurspraktyke.
Deelnemers van die regering, navorsers en vennote het die konferensie bygewoon. Dit sluit in diegene wat betrokke was by die monitering en verslaglewering van die Konvensie oor Biologiese Diversiteit, die Verenigde Nasies se Konvensie oor Woestynvorming en die Verenigde Nasies se Raamwerkkonvensie oor Klimaatsverandering.
Die omgewingskommissaris, Timoteus Mufeti, het gesê die konferensie is ook daarop gemik om bewustheid te skep, om prioriteite te stel en geleenthede te identifiseer om landskappe in die toekoms volhoubaar te ontwikkel.
IN HARMONIE MET NATUUR
Die visekanselier van IUM, prof. Osmund Mwandemele, het gesê dat die geïntegreerde grondbestuursbenadering ’n strategie is om in harmornie saam met die natuur te bestaan. Hy het gesê dat die benadering erken dat landskappe kompleks is met water, diere, biodiversiteit en mense wat interaksie met mekaar het. Volgens hom erken dié benadering omgewingsvolhoubaarheid, gemeenskapsbetrokkenheid en gelykheid.
“Ons planeet is besig om agteruit te gaan, onder meer weens klimaatsverandering en ontbossing.”
Hy het gesê dat die uitkomste van die konferensie nie net landskapbestuur moet opskerp nie, maar ook verhoudings tussen vennote moet verbeter.
’n Verteenwoordiger van die UNDP, Alka Bhatia, het gesê dat minstens 70% van die bevolking deur natuurlike hulpbronne geraak word, asook deur die ernstige impak van klimaatsverandering.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie