LAC se afwesigheid laat leemte in geregtigheid
Belanghebbers se ondersteuning gevra
Nadat die LAC verlede jaar aangekondig het dat 'n gebrek aan finansiering die instelling kortwiek om nuwe sake aan te pak, styg kommer oor die toeganklikheid van die regstelsel.
Die minister van justisie, Yvonne Dausab, glo dat die Regshulpsentrum (LAC) se gebrek aan kapasiteit om nuwe sake aan te pak ’n kommerwekkende uitwerking op geregtigheid in Namibië kan hê.
Sy het onlangs gesê dat dit die ministerie van justisie dwing om meer kapasiteit by hul regshulpafdeling te skep en het bygevoeg dat haar ministerie nou ’n wyer verskeidenheid regshulp sal moet bied.
Dausab het staatsinstansies en private belanghebbendes aangespoor om hand by te sit sodat die verantwoordelikheid van geregtigheid nie uitsluitlik op haar ministerie se skouers rus nie.
“Ek dink as ander instansies saam met die regering werk, kan dit die las op ons skouers effens verlig. Die Universiteit van Namibië (Unam) kan byvoorbeeld ’n inisiatief begin wat sy regstudente meer blootstelling sal gee. Hierdie sal ’n ander poel skep waarvandaan ons land se burgers regshulp kan kry,’ het Dausab gesê.
Sy het bygevoeg dat studente in hul finale jaar of diegene wat gevorderde kwalifikasies soos ’n meestersgraad in regte studeer in haar mening bekwaam is om regsadvies te bied met die ondersteuning van lektore.
Dausab het ook aangevoer dat ’n inisiatief van hierdie aard regstudente sal help om hul portefeuljes te verbreed.
Volgens die prokureur Norman Tjombe plaas die stremming op die verskaffing van regsdienste aan minderbevoorregte burgers Namibië se hoop op onpartydige geregtigheid in gedrang.
“Behoeftige mense, wat by verre die meerderheid is, het regsverteenwoordigers en die howe meer nodig as ander. Die rykes en welgesteldes kan altyd hul regte onderhandel,” het hy gesê.
Tjombe sê ’n gebrek aan toeganklike regshulp sal wydverspreide gevolge hê.
“Die impak sal enorm wees. Talle mense sal nie ander vervolg vir die beskerming van hul menseregte nie, wat nog meer sal lei tot die skending van menseregte.
“Dit hou drastiese gevolge in vir die oppergesag van die reg, want as mense nie kan staatmaak op amptelike instansies soos howe om hulle te beskerm nie, gaan hulle hulself help,” het hy gesê.
Hy sê ’n regstelsel wat nie vir alle landsburgers toeganklik is nie, “sal die begin van die einde vir die regstelsel wees soos ons dit ken”.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie