Landbouministerie bestee N$98 m. te min
Oorblywende bedrag ‘nie vir korrupsie aangewend’
Die ouditeur-generaal het aanbeveel dat maatreëls ingestel word om onderbesteding te vermy en te verseker dat alle beplande programme geïmplementeer word.
Ellanie Smit - Die ministerie van landbou, water en grondhervorming kon teen die einde van die 2021-’22-boekjaar net daarin slaag om sowat 60% van die noodsaaklike poste waarvoor begroot is, te vul.
Dit is maar een van die uitdagende faktore wat volgens die ministerie buite sy beheer was en daartoe bygedra het dat 8% van die begroting van meer as N$1,2226 miljard wat in dié boekjaar aan die landbouministerie toegeken is, onderbestee is.
Die ministerie het dié verduideliking verskaf nadat hy gekritiseer is omdat hy N$98 miljoen minder as die toegewese begroting bestee het.
Die onderbesteding het aan die lig gekom toe die ministerie se geouditeerde finansiële verslag vir 2021-’22 onlangs in die parlement ter tafel gelê is.
In die verslag het die ouditeur-generaal, Junias Kandjeke, aanbeveel dat die uitvoerende direkteur van landbou, water en grondhervorming, Ndiyakupi Nghituwamata, maatreëls instel om onderbesteding te vermy en te verseker dat alle beplande programme geïmplementeer word.
Volgens die adjunkdirekteur vir openbare betrekkinge by die ministerie, Chrispin Matongela, het die ministerie se uitgawes aan die einde van die boekjaar op 92% of sowat N$1,1249 miljard van die totale begrotingstoekenning gestaan.
Hy het gesê die oorblywende 8%, of N$98 miljoen, wat nie bestee is nie, kan aan verskeie redes toegeskryf word.
Volgens hom het administratiewe prosesse onderbesteding van meer as N$15,8 miljoen tot gevolg gehad.
“Hierdie bedrag was hoofsaaklik bedoel om voorsiening te maak vir die werwing van mense in kritieke poste binne die ministerie – waarvoor daar begroot is.”
Matongela het gesê die ministerie kon slegs sowat 60% van hierdie poste vul, hoofsaaklik weens onderhoude wat weens Covid-19-maatreëls nie kon plaasvind nie.
Hy het gesê bydraende faktore tot die onderbesteding op kapitaalprojekte was te wyte aan bouwerk aan projekte wat nie voltooi is nie, aansoekers wat nie gereageer het nie en gelei het tot die heropening van verkrygingsprosesse, onopgeloste hofsake oor betwiste tenders, en die laat indiening van fakture vir betaling deur diensverskaffers in die laaste kwartaal van die finansiële jaar.
“Soveel as wat ons saamstem dat onderbesteding nie wenslik is nie, was die meeste van hierdie uitdagings buite die ministerie se beheer.”
Matongela het daarop gewys dat die N$98 miljoen deel was van die geraamde uitgaweplafon vir landbou en grondhervorming, maar dat hierdie bedrag nooit aan die ministerie uitbetaal is nie aangesien die beplande aktiwiteite nie uitgevoer is nie.
Hy het gesê dit is dus nie korrek dat enigiemand insinueer dat fondse wat nie aan die landbouministerie uitbetaal is nie, vir korrupsie aangewend sou word nie.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie