Landswye optogte oor BIG-kwessie
Mbingeneeko ontvang klagskrif
Nege optogte om 'n basiese inkomstetoelaag te ondersteun is beplan om gister landswyd plaas te vind.
Iréne-Mari van der Walt, Jemima Beukes en Leandrea Mouers – Verskeie optogte is gister oraloor die land gehou ter ondersteuning van ’n basiese inkomstetoelaag (BIG) van N$500 per persoon, per maand.
’n Groep van sowat 25 optoggangers in Windhoek het ’n klagskrif aan die waarnemende adjunk- uitvoerende hoof by die ministerie in die presidensie verantwoordelik vir geslagsgelykheid, armoede-uitwissing en maatskaplike welsyn, Nichlas Mbingeneeko, oorhandig nadat hulle gevra het dat die minister, Doreen Sioka, teenwoordig moet wees om hul klagskrif in ontvangs te neem.
“Ons is vandag hier om u aan te moedig, agbare Sioka, en die regering van die Republiek van Namibië om te sien dat die implementering van BIG nie net ’n moontlikheid is nie – dit is ’n noodsaaklikheid,” lui die groep se klagskrif.
Oor die besluit om die optogte op Heldedag te hou, het Herbert Jauch van die Economic and Social Justice Trust gesê dié dag vier die helde wat Namibië se politieke onafhanklikheid gewen het, maar dat baie Namibiërs nie ekonomiese onafhanklikheid kan geniet nie.
“Terwyl ons Heldedag herdenk, besin ons oor die opofferings wat gemaak is deur diegene wat vir ons vryheid en waardigheid geveg het.
“Laat ons onthou dat die stryd vir geregtigheid en gelykheid verder strek as die slagveld; dit leef voort in ons stryd vir maatskaplike en ekonomiese sekuriteit vir al ons burgers,” lui die petisie.
Optogte is ook vir Gobabis, Grootfontein, Katima Mulilo, Keetmanshoop, Mariental, Oshakati, Rundu en Walvisbaai beplan.
Die optog op Walvisbaai is gekanselleer weens die feit dat slegs 15 optoggangers opgedaag het. Die klagskrif is egter steeds aan Michael Jimmy oorhandig wat namens die voorsitter van die Erongo-streekraad, Benitha Imbamba. opgedaag het.
POLITICI AFWESIG
Die BIG-koalisie het ook verlede week ’n praatjie oor ongelykheid en armoede aangebied en politieke partye genooi om die geleentheid by te woon, ’n aantal partye was egter nie teenwoordig nie.
Die enigste partye wat opgedaag het, was die Affirmative Repositioning (AR), die National Unity Democratic Organisation (Nudo), die Republican Party (RP) en die United Democratic Front (UDF).
Die regerende party Swapo, die amptelike politieke opposisie, die Popular Democratic Movement (PDM), die Landless People’s Movement (LPM) en die Independent Patriots for Change (IPC) was afwesig.
Swapo se woordvoerder, Hilma Nicanor, het by navrae gesê sy is nie bewus van die uitnodiging nie en die sekretaris-generaal van die PDM, Manuel Ngaringombe, het gesê hulle is besig met die party se nasionale kongres in die Zambezistreek.
Ngaringombe het bygevoeg dat die PDM wel BIG ondersteun, maar glo dit moet nie ’n permanente ingryping wees nie.
“Dit is nodig in die land. Ons glo dit behoort nie ’n permanente ding te wees wat mense afhanklik maak nie, maar moet goed uitgewerk word,” het hy gesê.
Die woordvoerder van die LPM, Lifalaza Simataa, het gesê die party se president, Bernadus Swartbooi, kon nie die geleentheid weens ’n noodgeval bywoon nie.
Die woordvoerder van die IPC, Imms Nashinge, het gesê dié party het nie 'n uitnodiging ontvang nie, maar Rinaani Musutua van die BIG-koalisie het bevestig dat 'n uitnodiging gestuur is.
Hy het ook bygevoeg dat die sekretaris-generaal van die IPC, Christine Aochamus, gesê het sy kan dit nie bywoon nie omdat sy siek is.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie