Maak seker geboortes wys op digitale stelsel
Die ministerie van binnelandse sake, immigrasie, veiligheid en sekuriteit het diegene wie se geboortes nie na sy digitale stelsel oorgeplaas is nie, versoek om na hul naaste kantoor van binnelandse sake te gaan om hul geboortes te registreer.
Dit nadat verskeie aansoeke om paspoorte nie goedgekeur is nie weens ’n gebrek aan inligting oor hul geboorte op die ministerie se digitale stelsel.
Die uitvoerende direkteur van die ministerie, Etienne Maritz, het gesê diegene wat hoop om hul geboorte op die digitale stelsel te registreer, meegaande dokumente moet toon om hul geboorte te bewys.
“Die proses om geboorterekords op datum te bring is vinnig,” het hy gesê.
“Dit is belangrik om in ag te neem dat die opdaterings noodsaaklik is om die akkurate burgerlike rekords te verseker. Dit maak dit gevolglik vir die paspoortafdeling maklik om geboorterekords te bekom en paspoorte daarvolgens uit te reik,” sê Maritz.
Maritz waarsku dat diegene wat ’n paspoort wil bekom, steeds hul geboortesertifikaat, ’n identiteitsdokument of ’n burgerskapsertifikaat moet saamneem. Dit is egter ook ’n vereiste dat hul geboortes op die digitale stelsel geregistreer moet word.
Hy verduidelik dat mense wat voor die implementering van die digitale stelsel gebore is, moontlik geraak kan word.
Volgens Maritz is die bottelnek in die opdatering van niedigitale rekords op die digitale stelsel ’n uitdaging wat die ministerie die afgelope jare met oorgawe aangepak het.
“Hierdie historiese rekords is gedigitaliseer en die projek is steeds aan die gang terwyl die ministerie alle rekords transkribeer sodat toegang tot die rekords op die stelsel verkry kan word.
“Daarbenewens is die nodige werk en hulpbronne in plek gestel om suksesvolle voltooiing te verseker.”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie