Screenshot_20230710-163737_Chrome
Screenshot_20230710-163737_Chrome

Minister in die sop oor reiskoste

Unesco soek antwoorde
Die ministerie van hoër onderwys sê alle prosesse is gevolg in betalings wat aan Kandjii-Murangi gemaak is.
Yandi Du Plessis
Nuusredaksie - Die minister van finansies en staatsondernemings, Iipumbu Shiimi, het gister gesê daar is “geen direktiewe” ingevolge die wet op die bestuur van staatsondernemings vir sulke entiteite om vir ministers se toelaes te betaal nie.

Dit te midde van onthullings dat dr. Itah Kandjii-Murangi, die ministerie van hoër onderwys, opleiding en vernuwing, semistaatsinstellings onder haar ministerie haar reise na die buiteland laat finansier het.

Dié instellings sluit in die Universiteit van Namibië (Unam), die Namibië Universiteit van Wetenskap en Tegnologie (Nust) en die Namibiese opleidingsowerheid (NTA). Die ministerie van hoër onderwys sê in ’n verklaring daar is niks vreemds aan dié reëling nie.

Die ministerie het gister bevestig dat Kandjii-Murangi van die semistaatsondernemings wat onder haar ministerie val, gevra het om vir haar reise na die buiteland te betaal – maar het vinnig bygevoeg dat alle geld aan daardie instellings terugbetaal is.

Die finansministerie het by monde van sy woordvoerder, Wilson Shikoto, gesê geen opdragte is uitgereik aan staatsentiteite om ministeriële reise te finansier nie.

’n Kabinetsminister het gister die Kandjii-Murangi-situasie as ’n “verleentheid” beskryf en gesê daar is verskuilde agendas in reise wat ten volle betaal word.

“As jy ’n staatsamptenaar is, hoekom kan jou land nie vir jou betaal nie? As iemand vir jou betaal, is daar iets wat hulle in ruil daarvoor verwag.”

VERDUIDELIK

Die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing (IPPR) se direkteur, Graham Hopwood, het gesê Kandjii-Murangi skuld die publiek ’n verduideliking oor die betalings in haar rekening.

“Sy moet verduidelik wat aangaan, want dit lyk na ’n baie vreemde reëling. In die algemeen moet die regering enige moontlike misbruik van verblyf- en reistoelae (S&T) beperk. As dubbelbetalings gemaak word, moet dit deur die Teenkorrupsiekommissie (ACC) ondersoek word,” het Hopwood gesê.

Die politieke kommentator Rui Tyitende het gesê die bewerings teen die minister, indien waar, is baie ernstig en genoeg rede vir haar om haar bedanking in te dien.

AGTERGROND

Die Namibië Nasionale Kommissie vir die Verenigde Nasies se organisasie vir onderwys, wetenskap en kultuur (Unesco), wat onder die ministerie val, blaas in die nek van die minister nadat sy versuim het om geld terug te betaal wat sy ontvang het vir ’n reis na die Verenigde State van Amerika om ’n Unesco-geleentheid by te woon.

Dokumente het besonderhede aan die lig gebring oor dubbele betalings wat die plaaslike kantoor sowel as die Unesco-hoofkantoor aan die minister gemaak het, insluitend hoe die agentskap onsuksesvol probeer het om van die geld van die minister terug te kry.

Rekords toon dat die kommissie meer as N$22 000 in haar persoonlike bankrekening inbetaal het, en sy het nog US$1 000 (sowat N$18 850) van Unesco se hoofkantoor ontvang.

Die fondse was haar daaglikse verblyftoelae vir haar deelname aan ’n paneelbespreking in New York op 6 en 7 Maart.

Met haar aankoms het sy glo nie haar verblyf- en reistoelaag (S&T) van Unesco ontvang nie, wat haar genoop het om na die Namibië Nasionale Kommissie vir Unesco (Natcom) in Windhoek uit te reik.

Die kommissie, wat tans vanuit die ministerie se kantoor werk, het N$22 821,52 na haar Standard Bank-rekening oorgeplaas.

’n Versoekbrief om fondse oor te dra lui: “Hierdie betaling is vir haar daaglikse verblyftoelae sowel as dié van haar assistant vir twee dae. Die geld sal aan die Natcom terugbetaal word met die terugkeer van die minister.”

Terwyl die minister se reis slegs vir twee dae was, het sy tot 12 Maart in New York gebly

Volgens ’n ingeligte bron het die ministerie vir hierdie bykomende dae betaal. Luidens die verklaring kan politieke ampsdraers of personeel geleenthede op uitnodiging of as deel van die aktiwiteite verwant aan die ministerie se mandaat bywoon. Om reistoelaes te bepaal, word drie tipes uitbetaal, naamlik die regering betaal alles, die regering of gasheer betaal net verblyf, of alle koste word deur die gasheer gedek. ’n Gepaste toelaag word volgens regeringskoerse uitgewerk en direk in die reisiger se rekening inbetaal.

‘NIKS VERDAG’

Alfred van Kent, die uitvoerende direkteur van hoër onderwys, het die volgende verduideliking gegee: “Wanneer geleenthede gereël word of aktiwiteite binne ons raamwerk bygewoon word, nader die staatsinstellings sowel as die ministerie mekaar om met die verwante koste te help.”

Die ministerie sê in ’n verklaring die minister is formeel na ’n aantal geleenthede uitgenooi wat volgens die regering se interne prosesse goedgekeur en gefinansier is. Dit beklemtoon ook die verskil tussen Unesco en die Nasionale Kommissie vir Unesco (Natcom). Laasgenoemde is ’n Namibiese funksionele eenheid wat onder die ministerie val en wat volgens die verklaring “nie geld van projekte herlei het om die minister te betaal nie”.

“Die ministerie wil graag die nasie verseker dat die interne administratiewe prosesse gevolg is in alle betalings wat gemaak is,” het Van Kent bygevoeg.

“Die ministerie bly verbind to die stryd teen korrupsie en om ’n etiese nasie te bou.” – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!