PROTECTING WHISTLE-BLOWERS: Government is setting up an office whose task it will be to protect whistle-blowers.
PROTECTING WHISTLE-BLOWERS: Government is setting up an office whose task it will be to protect whistle-blowers.

Ministerie bou program vir getuiebeskerming

Wet is kapitaalintensief, omvattend
Die regering het N$50 miljoen opsy gesit vir die implementering van die program om getuies en hokaairoepers te beskerm.
Yandi Du Plessis
Ogone Tlhage – Die minister van justisie het ’n beroep op die publiek gedoen om die regering se pogings om ’n aanneemlike getuiebeskermingsprogram te bou, te vertrou.

Minister Yvonne Dausab het dié versoek gerig tydens ’n kabinetsinligtingsessie wat haar ministerie gehou het oor beleidsingrypings wat tans op die tafel is.

“Die wet op getuiebeskerming is baie kapitaalintensief, maar dit is ook baie omvattend in terme van watter soort aktiwiteite dit onderneem. Omdat dit so ’n sensitiewe ruimte is, sal mense gewoonlik nie weet waar ons ons getuies hou nie. Ek hoop die publiek verstaan hoekom hierdie mense beskerm wil word, sodat ons die integriteit van die stelsel kan beskerm,” het Dausab gesê.

AAN DIE WERK

Dausab het gesê die regering is daartoe verbind om te verseker dat die program aanneemlik is, met behoorlike keuringsprosesse wat gevolg sal word in die aanstelling van personeellede.

“Mense moet vertroue hê in die individu wat die direkteur gaan wees. Mense moet vertroue hê in die individue wat gaan werk; mense moet vertroue hê in die personeellede wat gaan werk, so daar gaan ’n keuringsproses wees om te verseker dat mense betroubaar is,” het sy gesê.

Die regering het N$50 miljoen opsy gesit vir die inwerkingstelling van die program, met werk wat in die agtergrond gedoen word om dit op die been te bring.

“Ons bedoeling as ’n ministerie is om te verseker dat ons hierdie fondse gedurende hierdie finansiële jaar opgebruik, en dit is eintlik om die eenheid op die been te bring, kantoorruimte te vind, infrastruktuur wat ons sal benodig te finansier, en om die institusionele reëlings te tref vir waar mense [hokaairoepers] geplaas sal word,” het Dausab gesê.

“Jy kan jou voorstel sodra dit in werking gestel word, sal al die instellings verwag dat die ministerie die beskerming van getuies en hokaairoepers oorneem,” het sy bygevoeg.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!