Uitvoerende direkteur Etienne Maritz sê elke kind gebore in Namibië het die reg tot ’n naam en Namibiese burgerskap.
Foto mha.gov.na
Uitvoerende direkteur Etienne Maritz sê elke kind gebore in Namibië het die reg tot ’n naam en Namibiese burgerskap. Foto mha.gov.na

Ministerie skop veldtog vir ID’s, geboortesertifikate af

Augetto Graig
Die ministerie van binnelandse sake, immigrasie, veiligheid en sekuriteit het vandeesweek sy massa-registrasie van nasionale dokumente amptelik bekend gestel.

Die veldtog duur tot Julie vanjaar en dek die registrasie van geboortes, duplikaat-geboortesertifikate, aansoeke om identiteitsdokumente en duplikaat-identiteits (ID)-kaarte.

Volgens die ministerie se uitvoerende direkteur, Etienne Maritz, verseker die Grondwet dat elke kind wat in Namibië gebore word die reg op ’n naam het en om Namibiese burgerskap te verkry.

Verder doen die Verenigde Nasies se volhoubare ontwikkelingsdoelwit no. 16.9 ’n beroep op ’n wettige identiteit en gratis geboorteregistrasie.

“Nasionale dokumente verskaf nie net ’n gevoel van behoort nie, maar vestig ook ’n persoon se wettige identiteit en is noodsaaklik vir toegang tot dienste, soos onderwys, indiensneming en maatskaplike toelaes,” het hy aangevoer.

Met die veldtog poog die ministerie om die registrasie van nasionale dokumentasie uit te brei, veral in afgeleë gebiede waar gemeenskappe dalk nie toegang daartoe het nie.

Daarbenewens kan die publiek die ministerie se webwerf by mha.gov.na/civil-registration vir meer inligting besoek.

Individue moet die nodige ondersteunende dokumentasie saambring om vertragings in registrasie te voorkom, luidens die verklaring.

Die veldtog is tot 16 Februarie in Kabbe-Noord en in Otjombinde, Walvisbaai en Ncuncuni in die Kavango-Oosstreek. Amptenare van die ministerie is ook tot Vrydag in Ongenga en aansoek vir identiteitsdokumente word in Omungwelume in die Kunenestreek geregistreer.

Die veldtog sal volgende Maandag in Berseba en in die Windhoek landelike kiesafdeling afskop. Amptenare sal ook volgende week in Engela wees, asook in Anamulenge in die Omusatistreek. Die ministerie besoek Kabbe-Suid en Impalila-eiland vanaf 19 tot 26 Februarie.

’n Volledige lys van die bestemmings en datums sal volgens die ministerie op sy sosiale media beskikbaar gemaak word.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!