Ministerie van myne besoek Angola

Olievaardighede onder die loep
Namibië beplan om 'n soortgelyke middelpunt vir diamante as sy buurland te vestig.
Augetto Graig
’n Namibiese afvaardiging is tans in Angola op uitnodiging van dié land se minister van minerale hulpbronne, dr. Diamantino Azevedo, wat hy tydens sy besoek aan Namibië in April aan die regering gerig het.

Die afvaardiging, onder leiding van die adjunkminister van myne en energie, Kornelia Shilunga, sal vanaf 18 tot 27 Junie die buurland besoek.

Die afvaardiging is in twee groepe gedeel, waarvan een groep gesprekke voer met hul eweknieë in die buurland om meer oor olie- en gasontginning te leer en die tweede groep om Namibië se vaardighede in terme van diamantmynbou en -produksie te deel.

Die besoek het ten doel om ’n werksgroep op die been te bring om die Memorandom van Verstandhouding (MoU) – wat in November verlede jaar tussen die buurlande onderteken is – tot uitvoering te bring.

Fokus word veral gelê op die vaardighede wat Namibië benodig om sy onlangse olie-ontdekkings te benut, en om die Kudu-gasvelde te ontwikkel, asook die wetlike raamwerk, beleidsbesluite en die model wat Angola toepas.

Die ministerie se woordvoerder, Andreas Simon, sê: “Ons het ook gekom om te sien wie die groot spelers is, die oliemaatskappye wat hier [in Angola] gehuisves word.

“Ons wil ook verstaan wat Angola van ander olievervaardigers in Afrika onderskei, aangesien hulle olie sedert die tyd van hulle apartheid vervaardig en dat daar maatskappye is wat al langer as 70 jaar in die bedryf werksaam is.

“Ons sal ook ooreenkomste onderteken en sal luister en gesprekke voer oor die Namibiese regering se voorstel om aandele in die Lobito-raffinadery te koop.

“Ons sal ons egter tot niks verbind nie, want besonderhede soos die voorwaardes van sodanige verkryging, die voordele en vereistes moet verstaan en aan die kabinet vir goedkeuring voorgelê word,” het hy gesê.

In terme van diamante, sal die afvaardiging ondernemings, soos Endiama, Sodiam en ADPA, besoek om die Angolese diamantwaardeketting te verstaan en teen Namibië s’n te meet, het hy bygevoeg.

“Die belangrikste is egter dat ons hulle diamantmiddelpunt wil besoek om beter te verstaan wat hulle daar doen. Ons verwag om die waardeketting wat hulle daar huisves, van die begin tot einde, te sien,” brei hy uit.

Ons sal ook besoek aflê by staatskantore, diamantmaatskappye, en ondernemings wat by die sortering, sny en polering, verkope, bemarking, die logistiek en veiligheid van diamante in Angola se diamantbedryf betrokke is, sê hy.

Namibië beplan om ’n soortgelyke middelpunt te vestig, volgens Simon.

Die afvaardiging het Dinsdag besoek by Sonils afgelê, waar die adjunkminister kon waarneem hoe dié land se haweowerheid ook ondersteuningsdienste en bergingsruimte aan die Angolese oliebedryf verskaf. Sonils is ’n filiaal van Angola se oliemaatskappy Sonangol, soortgelyk aan Namibië se Namcor.

Shilunga het by ’n geleentheid in Angola gepraat van moontlike gesamentlike projekte tussen Namibië en Angola.

Spesifiek is daar begin met gesprekvoering oor die vennootskap om Lobito saam te bou, sê sy.

Volgens Azevedo sal die raffinadery tot 60 000 vate olie per dag kan verwerk.

Sy het ook die Barra do Dante-oliebergingsaanleg besoek, wat Shilunga sê groot genoeg is om buurlande ook te dien.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!