Ministerie van myne verbind tot kliëntediens

Handves stel duidelike doelwitte
Tom Alweendo moedig die publiek aan om die handves te bestudeer en te leer sodat hulle die ministerie en sy beamptes aanspreeklik kan hou.
Augetto Graig
“Die handves verwys na wat ons moet verander en wat ons beter moet doen, maar ook hoe ons dit beter moet doen. Eerstens is ons staats- en siviele amptenare. Ons bedien die burgers, ons doen vir ander mense.”

Só het die minister van myne en energie, Tom Alweendo, Maandag tydens die amptelike bekendstelling van die ministerie se kliëntedienshandves gesê.

Hy het sy amptenare aangemoedig om die regte houding aan te neem om die handves te kan uitvoer.

“Ons het die regte gesindheid nodig om seker te maak ons ??lewer soos die mense van ons verwag. Sonder daardie houding sal die handves nie ’n verskil maak nie, dit sal betekenisloos wees.

“Het ons die regte houding om die handves te kan implementeer? Dit is waar ons moet begin, met die regte houding,” voer Alweendo aan.

Verder het die minister ook die kantoor van die eerste minister uitgedaag om ontslae te raak van afsonderlike kantore en dit te vervang met oopplan-kantore waar beamptes mekaar kan sien werk.

“Ons sê ons werk van agt tot vyf, maar daar is diegene wat hul kantore sluit en terwyl ons dink hulle is binne is hulle lankal weg. Raak ontslae van al hierdie geslote kantore,” het die minister gesê.

“Mense werk beter in oopplan-kantore,” brei hy uit.

Alweendo moedig ook die publiek aan om die handves te bestudeer en te leer sodat hulle die ministerie en sy beamptes aanspreeklik kan hou.

“Lees asseblief die handves en hou ons aanspreeklik,” sê hy.

Die minister doen ’n beroep op amptenare van sy ministerie om die beloftes van die handves binne ses maande ’n werklikheid te maak.

Die handves kan op die ministerie se webwerf by www.mme.gov.na geraadpleeg word. Dit gee ’n uiteensetting van die kliëntediensbeloftes vir elke departement, saam met kontaknommers en e-posadresse vir elke departement.

Die energiedepartement beloof onder meer om binne 14 dae omgewingsimpakstudies vir energieprojekte te hersien, en om altyd die elektrisiteitsbedryf op hoogte te hou.

Die departement van petroleumsake beloof om lisensies en permitte binne ses maande te finaliseer en die departement vir diamantsake om binne vyf dae klaringsertifikate vir diamantvaartuie uit te reik.

Die departement van omgewingsgeologie beloof om binne 14 werksdae op geologiese gevaarvoorvalle te reageer. Die departement van mynwese beloof om mineraaltantième binne twee dae uit te werk, en die afdeling vir kleinmyners om geskille tussen plaaseienaars en mynwerkers binne drie maande op te los.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-15

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 31° Rundu: 20° | 34° Eenhana: 21° | 34° Oshakati: 23° | 33° Ruacana: 20° | 30° Tsumeb: 21° | 33° Otjiwarongo: 20° | 31° Omaruru: 25° | 34° Windhoek: 20° | 31° Gobabis: 21° | 33° Henties Bay: 16° | 24° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 23° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 22° | 38° Aranos: 23° | 36° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 20° | 34° Lubumbashi: 18° | 33° Mbabane: 16° | 31° Maseru: 14° | 30° Antananarivo: 13° | 32° Lilongwe: 19° | 32° Maputo: 19° | 33° Windhoek: 20° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 27° Johannesburg: 16° | 29° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 19° | 29° Harare: 16° | 26° #REF! #REF!