Die minister van inligting en kommunikasietegnologie, Emma Theofelus. Foto Wêreldbank
Die minister van inligting en kommunikasietegnologie, Emma Theofelus. Foto Wêreldbank

Ministerie wil dienste digitaliseer, sê Theofelus

‘KI aan die voorpunt van die rewolusie’
Belanghebbendes in die inligting- en kommunikasiesektor vergader tot môre in die hoofstad.
Iréne-Mari van der Walt
"Die ministerie hoop om staatsdienste meer toeganklik te maak deur digitale integrasie."

So het die minister van inligting en kommunikasietegnologie (ICT), Emma Theofelus, gister tydens dié sektor se agtste nasionale beraad gesê.

Dit strook met die ministerie se nasionale strategie vir digitalisering, het die ministerie se woordvoerder, Shoki Kandjimi, bevestig.

“Digitale tegnologie transformeer hoe ons openbare dienste lewer en met ons burgers skakel.

“Van e-regering tot digitale gesondheid en -onderwys; hierdie tegnologie bied nuwe maniere om dienste te lewer en die kwaliteit van ons mense se lewens te verbeter.

“Ons moet hierdie tegnologie gebruik om staatsdienste meer toeganklik, toereikend en vatbaar te maak,” het Theofelus gesê.

Die minister hoop dat tegnologie jongmense kan bemagtig om ’n inkomste te verdien en mense met gestremdhede kan help om beter in die samelewing te integreer.

“Ons jongmense het soveel kreatiwiteit en ons hoop om hulle die kans te gee om ’n inkomste daaruit te verdien,” het sy gesê.

Theofelus het ook die gebruik van kunsmatige intelligensie (KI) vir innovasie en vooruitgang in Namibië beklemtoon.

“KI is aan die voorpunt van ons digitale rewolusie. Dit hou geweldige potensiaal in om nywerhede te transformeer, produktiwiteit te verbeter en ingewikkelde probleme op te los.

“Die integrasie van KI in ons stelsels en prosesse bring egter uitdagings, insluitend etiese kwessies, databeskerming en die behoefte aan ’n regulatoriese raamwerk.”

Die beraad loop môre tot ’n einde in die hoofstad.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!