Mulunga lek glo inligting aan media
Drie klagte teen geskorste hoë
Verlede Dinsdag se Namcor-raadsvergadering het tot die skorsing van sy besturende direkteur gelei.
Nuusredaksie – Die Namcor-raad was verlede week verdeeld oor ’n besluit of die besturende direkteur, Imms Mulunga, ontslaan moes word, maar ’n kragtige faksie kon egter daarin slaag om hom die deur te wys nadat hy, onder meer glo vertroulike inligting aan die media gelek het.
Mulunga is na bewering verlede Dinsdagaand skielik na buite begelei ná ’n vergadering wat by die minister van finansies en staatsondernemings, Iipumbu Shiimi, se kantoor gehou is.
Hy word glo deur drie klagte in die gesig gestaar. Die ander twee klagte handel glo oor beweringe van voorraadverliese by die Nasionale Petroleum Korporasie van Namibië (Namcor). Dié nasionale oliemaatskappy het brandstof ter waarde van N$69 miljoen – wat aan Validus Energy behoort het – glo gebruik sonder die eienaar se toestemming.
Die brandstof is na bewering by die nasionale oliestoorgeriewe op Walvisbaai gestoor. Namcor bestuur dié fasiliteit.
Voorheen is berig dat Namcor se uitvoerende logistieke bestuurder, Cedric Willemse, glo Validus se brandstof gebruik het toe Namcor se eie aflewerings vertraag is.
Mulunga is ook aangekla oor ’n bevestigende beëdigde verklaring wat hy uitgereik het in ’n saak waar Namcor se hoof- finansiële beampte, Jennifer Hamukwaya, die maatskappy hof toe gesleep het oor ’n besluit om nie haar kontrak te hernu nie.
Die raad beskou Mulunga se verklaring as teenstrydig met ’n gesamentlike besluit wat gemaak is om nie haar kontrak te hernu nie.
TRANSAKSIE VAN N$100 MILJOEN
In teenstelling met verwagtinge, sal Mulunga nie aangekla word vir die betaling van N$100 miljoen wat hy goedgekeur het vir ’n olieprojek in Angola nie. Namcor is ’n 10%-aandeelhouer in dié projek. Die transaksie het glo nie die finale goedkeuring van die raad gehad nie.
Republikein se susterkoerant, Namibian Sun, het berig dat hierdie kwessie nie teen Mulunga gebruik kon word nie aangesien ondersoeke na dié betaling reeds afgehandel is.
“Die beginsel is dat ’n persoon tydelik geskors word sodat ’n ondersoek gedoen kan word. Dié ondersoek is egter reeds afgehandel en diegene wat vir sy skorsing gevra het, kon nie langer op die kwessie staatmaak nie. Hulle moes dus iets nuuts vind om van hom ontslae te raak,” het ’n amptenaar vertel.
Die Teenkorrupsiekommissie van Namibië (ACC) het Mulunga glo onlangs gevra om die betaling aan die olieproduserende blok in Angola te verduidelik. Die ACC se direkteur-generaal, Paulus Noa, het gesê hy sal Mulunga se bewyse ontleed en indien nodig, die raad inroep.
Die jongste inligting wat aan die Namibian Sun bekendgemaak is, dui egter daarop dat Mulunga – toe die sperdatum vir die Angolese olie-projek nader gekom het – moontlik ’n versoek aan Namcor se finansiële afdeling gemaak het om die geld oor te betaal in ’n rekening wat gesamentlik deur die maatskappy en sy vennote in oliereserwes bestuur word.
“Mulunga was seker die raad sou die groen lig aan hom gee as gevolg van die voordele wat die Angolese projek vir Namcor sou inhou. Hy het glo nie getwyfel dat dit goedgekeur sou word nie,” het ’n bron verduidelik.
“’n Verrassende wending was egter toe die raad sy aansoek om goedkeuring van die hand gewys het. Hy was nie die enigste een met toegang tot die rekening wat gesamentlik bestuur word nie. Teen die tyd toe hy die betaling wou omkeer, het ’n ander lid reeds die betaling aan Angola gemaak. Dit is wat hom [Mulunga] in die moeilikheid laat beland het.”
OBJEKTIEWE LEIERSKAP
Mulunga is glo met sy volle salaris geskors. Namcor se uitvoerende bestuurder vir sakestrategie, Shiwana Ndeunyema, het tot gister aan stuur van die maatskappy gestaan, waarna Lionel Matthews sal oorneem as die waarnemende besturende direkteur.
Matthews, ’n ervare uitvoerende bestuurder, is tans ’n raadgewer in die ministerie van finansies.
“Die aanstelling van ’n eksterne waarnemende besturende direkteur sal help met objektiewe leierskap en ’n onafhanklike ondersoek,” het Namcor se raad Woensdag in ’n mediaverklaring gesê.
Mulunga se skorsing word glo gesien as deel van ’n heftige stryd tussen hom en die raadsvoorsitter, Jennifer Comalie. Haar onlangse inhegtenisneming oor dwelms wat glo in haar motor gevind is, is na bewering deel van dié binnegevegte.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie