Mynministerie skep sy eie vlootbestuurstelsel
Stelsel word aan hele regering gebied
'n Internetstelsel wat intern ontwikkel is, vergemaklik die bestuur van die ministerie van myne en energie se voertuigvloot.
Die ministerie van myne en energie het Maandag sy eie intern ontwikkelde stelsel om sy voertuigvloot te bestuur, bekend gestel.
Adjunkminister Kornelia Shilunga sê sy is verheug met die verwikkeling wat sy as ’n mylpaal vir die regering se vervoerstelsels beskryf.
Volgens haar stel die stelsel die ministerie nou in staat om sy bates en voertuie meer doeltreffend te bestuur, terwyl die elektroniese stelsel ook die hope papierwerk – waarop die ministerie voorheen afhanklik was – uitskakel. Die nuwe databasis bied ook die gerief van vinnige toegang tot gedeelde inligting, sê sy.
Andreas Mutota, tans die hoofontleder en programmeerder in die ministerie, en sy span is in 2018 ingespan om die ontwikkelingsproses te begin nadat die ministerie reeds in 2017 die noodsaaklikheid vir ’n meer doeltreffende stelsel geïdentifiseer het.
Volgens Mutota is dié stelsel nou die regering se eiendom en ’n bate vir die ministerie wat die stelsel saam met ander elektroniese dienste en inligting- en kommunikasietegnologie kan gebruik.
Shilunga sê sy hoop die stelsel kan ook by ander ministeries, kantore en staatsagentskappe geïmplementeer word, en dat die betrokke minister John Mutorwa reeds die deel van die stelsel ondersteun.
Mutota sê as die stelsel vir die hele regering gebruik sou word, sal dit onder die kantoor van die eerste minister val.
Op die oomblik huisves die ministerie van myne en energie die vlootbestuurstelsel op sy eie hoof-rekenaarbediener van waar die ministerie se 177 voertuie bestuur word.
Die onderhoud, lisensiebestuur, ongeluksverslae, verkeersboetes, goedkeuring vir reise en ander betrokke verslae word op die stelsel aangeteken, terwyl die stelsel ook rekord hou van brandstofaankope uit die ministerie se Standard Bank-rekening.
Werk vorder om die bank se Blue Fuel-stelsel so te verbind om die aankope van brandstof outomaties op die stelsel te laat aanteken, brei Mutota uit.
By dieselfde geleentheid het die waarnemende uitvoerende direkteur van myne en energie, Bryan Eiseb, die verwikkeling as baanbrekerswerk beskryf.
“Met hierdie stelsel hoef ons nie een van die rak af te koop nie, of om maandeliks of jaarliks subskripsie betaal nie. Dit toon ook die potensiaal van Namibië se jeug en wys dat ons die jeug moet vertrou,” sê Eiseb.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie