Calle Schlettwein, minister van landbou, water en grondhervorming. FOTO ARGIEF
Calle Schlettwein, minister van landbou, water en grondhervorming. FOTO ARGIEF

’n PPP vir Meatco onder bespreking

Elvira Hattingh
Konsultasies oor Meatco se toekoms, sy herstrukturering asook moontlike vennootskappe met die private sektor, word nog in die kabinet bespreek.

Geen besluite is tot dusver geneem nie.

So het die minister van landbou, water en grondhervorming, Calle Schlettwein, gister aan Republikein gesê. Dit kom midde mediaberigte dat hy glo ’n voorstel vir die privatisering van Meatco verwerp het en ’n N$1,7 miljard-plan voorgestel het vir die herkapitalisering van die instansie.

“Ons het ’n verslag van ’n konsultant ontvang waarin ’n struktuur vir ’n private-openbare-vennootskap (PPP) voorgestel word, wat beide private deelname en kapitaal, asook openbare befondsing en betrokkenheid insluit.

“Die besonderhede van die voorstel word steeds bespreek en daar is nog geen beslissing gemaak oor die herlewing van Meatco nie. Terselfdertyd moet daar ook nog ooreengekom word oor die bedrae wat vanaf private en openbare vennote moet kom,” het Schlettwein aan die koerant gesê.

“Wat ek egter kan bevestig is dat die land se lewendehawesektor sterk afhanklik daarvan is dat Meatco behoorlik funksioneer, wat tans nie die geval is nie.

“Daarom is ’n omkeerstrategie asook die herstrukturering van die huidige Meatco dringend nodig. Die fynere besonderhede daarvan moet nog oor beraadslaag word – deur al die rolspelers van die lewendehawewaardeketting,” het Schlettwein bygevoeg.

Schlettwein het verwys na ’n verslag deur Ombu Capital, wat in opdrag van die ministerie van finansies en openbare ondernemings saamgestel is en waarin Meatco se uitdagings glo bespreek word. Daarin is ook ’n voorstel vir ’n PPP gemaak.

Dit kom terwyl Meatco se jongste jaarverslag toon dit het tydens die afgelope boekjaar ’n verlies van N$118 miljoen gely, met die ouditeure van Grand Namibia wat van mening is dat die instansie ’n punt bereik het waar dit slegs met staatshulp sal kan voortbestaan.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!