Die minister van sport, jeug en nasionale diens, Agnes Tjongarero. Foto argief
Die minister van sport, jeug en nasionale diens, Agnes Tjongarero. Foto argief

N$178 miljoen vir die jeug

NYS ontvang N$77 miljoen, NYC N$25 miljoen
Die minister wil werklose jongmense in produktiewe burgers omskep.
Augetto Graig
Die minister van sport, jeug en nasionale diens, Agnes Tjongarero, het Vrydag in die parlement haar ministerie se aansoek vir N$473,1 miljoen uit die regering se jaarbegroting gemotiveer.

Uit dié algehele begroting is N$178,1 miljoen vir die bevordering van Namibië se jongmense geoormerk.

Tjongarero het gesê die jeug maak die grootste gedeelte van Namibië se bevolking uit.

Die ministerie fokus in terme van jeugontwikkeling op jong mense wat nie skool voltooi het nie, en die werklose jeug, sê sy

Die doelwit is om dié jeug in aanstelbare, selfstandige en produktiewe burgers te omskep, volgens die minister.

In 2022 kon die ministerie die bestuurskomitee vir die derde nasionale jeugbeleid vestig. Verder is 1 472 jongmense onder meer opgelei in terme van seksuele reproduktiewe gesondheid; en in regte en geslagsgeweld. Saam met die Verenigde Nasies (VN) se Ontwikkelingsprogram en die VN se Bevolkingsfonds kon die ministerie ook die Youth Connekt-tak in Namibië bekend stel, waardeur sowat 2 000 jongmense byeengebring is om netwerke, innovasie en sakeontwikkeling te bevorder.

Met betrekking tot veeldoelige jeugsentrums landswyd, is 1 646 jong mense verlede jaar opgelei, terwyl 95 deel was van vaardigheidskursusse van ses maande. Met die Khaihanaxab-vaardigheidsentrum wat vanjaar in die Hardapstreek open, verwag sy dat dié getal sal toeneem.

Die ministerie het ook N$2 miljoen aan die Nasionale Jeugdiens (NYS) se biomassa-houtskoolprojek bewillig, waardeur 19 jongmense by Rietfontein houtskool vervaardig. Meer jeugdiges sal na verwagting vanjaar by die projek betrek word, sê sy.

Verder het 250 jongmense opleiding in entrepreneurskap ontvang met behulp van die Amerikaanse agentskap vir internasionale ontwikkeling (USAID).

Die kredietskema vir die jeug ontvang ook N$2 miljoen. Dié skema het oor die laaste 20 jaar meer as N$20 miljoen beskikbaar gestel, volgens Tjongarero.

Die skema, wat onder die Nasionale Jeugraad (NYC) val, waarborg lenings vir die jeug in sakegeleenthede en sal hierdie jaar weer bekend gestel word.

Verlede jaar het 418 vir NYC se burgerlike opleidingsprogram ingeskryf en 352 jongmense het beroepsopleiding deur die NYC ontvang.

Die NYC besit ook ’n sekuriteitsmaatskappy wat reeds 612 jongmense in diens geneem en opgelei het, volgens die minister.

Die NYC is ’n belangrike instansie wat vanjaar N$25 miljoen uit die ministerie se begroting sal ontvang. Daarmee sal die jeugraad die bekwaamheid onder jongmense in Namibië moet opbou. Daarvoor ondersteun die raad 51 filiaalorganisasies en sal vanjaar ’n nasionale Jeugdag op 27 April vier. Die toelaag vir jeugontwikkeling word ook deur die raad bestuur om jeugforums in streke en kiesafdelings saam met die nasionale Youth with Disability, te ondersteun.

In die nuwe begroting ontvang die NYS sowat N$77 miljoen. Die NYS se fokus is om jong Namibiërs in produktiewe burgers te omskep deur nasionale diensopleiding, vrywillige dienste en tegniese beroepsopleiding aan jongmense tussen 16 en 35 te bied.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-12-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 20° | 34° Eenhana: 20° | 32° Oshakati: 22° | 31° Ruacana: 21° | 33° Tsumeb: 21° | 32° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 22° | 32° Gobabis: 19° | 33° Henties Bay: 16° | 21° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 16° | 23° Rehoboth: 24° | 34° Mariental: 24° | 36° Keetmanshoop: 25° | 37° Aranos: 21° | 34° Lüderitz: 16° | 27° Ariamsvlei: 25° | 39° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 18° | 23° Lubumbashi: 17° | 31° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 15° | 31° Antananarivo: 17° | 34° Lilongwe: 23° | 34° Maputo: 21° | 29° Windhoek: 22° | 32° Cape Town: 18° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 25° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 21° | 31° Harare: 19° | 29° #REF! #REF!