Die uitvoerende direkteur van verdediging en veteranesake, Wilhelmine Shivute, saam met haar adjunk, Lennox Likando. Foto Augetto Graig
Die uitvoerende direkteur van verdediging en veteranesake, Wilhelmine Shivute, saam met haar adjunk, Lennox Likando. Foto Augetto Graig

'N$8 miljoen was vir Weerwolf-onderdele'

Augetto Graig
Die ministerie van verdediging en veteranesake het gister bewerings op sosiale media van Job Amupanda verwerp dat die ministerie sowat N$8 miljoen vir ’n enkele voertuigonderdeel betaal het.

Volgens die uitvoerende direkteur van die ministerie, Wilhelmine Shivute, was die faktuur wat Amupanda op sosiale media versprei het vir die aankoop van duisende voertuigonderdele vir die weermag se Weerwolf-pantserpersoneeldraer, om te verseker dat die voertuie gereed was vir gebruik in militêre oefeninge verlede jaar.

“Hy het verder gesê dat hierdie geld in die sakke van diegene wat ’n korrupte party ondersteun, uitgedeel is, sodat hulle gesig kan koop, en dinge van daardie aard.

“Hy het afgesluit deur te sê dat hy bloot uitbeeld hoe hierdie mense aanhou steel en dat om vir hulle op 27 November te stem die voortsetting van steel en plundering beteken.”

Shivute sê Namibië het verlede jaar militêre oefeninge saam met Botswana gehou en die onderdele gekoop om spesifieke voertuie vir hierdie oefeninge op te knap. Die onderdele wat by Windhoeker Maschinenfabrik bestel is was slegs vir ’n enkele tipe voertuig bestem, is dit is as een item aangedui, al is duisende onderdele bestel.

Verder is die spesifieke faktuur nooit betaal nie, omdat die werk nie teen die einde van die boekjaar afgehandel was nie, brei sy uit.

Die oefeninge het eers in Junie plaasgevind, en nie in Maart soos eers verwag is nie.

Die bestelling is dus by ander werk ingesluit om nog 'n faktuur te skep wat later betaal is, voeg sy by.

“Windhoeker Maschinenfabrik is die vervaardiger van die Weerwolf-voertuig en dus word groot herstelwerk en onderdele van daar af bestel,” sê sy.

“Dit was vir onderdele, nie een onderdeel nie,” voeg sy by.

Die ministerie het die plaaslike pers by die mediakonferensie toegelaat om die lys van onderdele te sien, hoewel foto's en afdrukke nie toegelaat is nie.

Die faktuur sluit pryse in soos N$68 783 vir koppelaarmandjie-retensieringe teen N$687,62 elk; waterverkoelersamestellings teen N$182 280 vir tien; 10 000 remblokklinknaels teen N$305 000; 40 voorligsamestellings teen N$20 454; 200 lampe teen N$13 230 en N$128 465 vir 500 remsilinder-herstelstelle.

Shivute sê die ministerie gereageer gewoonlik nie op elke bewering in die openbaar nie, maar in hierdie geval was dit nodig.

“Dit raak nou net te veel. Dit is verkiesingstyd en hierdie bewering sê ’n sekere party word bevoordeel.

“Dus voel ons dat dit baie belangrik is om te bewys wat ons gedoen het, en om die publiek te wys dat ons nie polities is nie,” sê sy. – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-12-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 20° | 32° Eenhana: 19° | 27° Oshakati: 21° | 27° Ruacana: 20° | 25° Tsumeb: 19° | 27° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 21° | 33° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 18° | 28° Henties Bay: 16° | 21° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 16° | 21° Rehoboth: 21° | 32° Mariental: 22° | 36° Keetmanshoop: 20° | 36° Aranos: 20° | 35° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 14° | 23° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 20° | 24° Lubumbashi: 17° | 31° Mbabane: 16° | 19° Maseru: 15° | 31° Antananarivo: 15° | 34° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 26° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 17° | 25° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 17° | 21° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 21° | 34° Harare: 19° | 31° #REF! #REF!