Die kommissaris-generaal van die Namibiese korrektiewe dienste, Raphael Hamunyela, sê dit is baie belangrik dat gevangenes kontak met familie behou terwyl hulle hul vonnisse uitdien.
Foto argief
Die kommissaris-generaal van die Namibiese korrektiewe dienste, Raphael Hamunyela, sê dit is baie belangrik dat gevangenes kontak met familie behou terwyl hulle hul vonnisse uitdien. Foto argief

Namibië en Zambië ruil gevangenes uit

Altesaam 40 misdadigers al oorgeplaas
Die Namibiërs wat in Zambië in aanhouding was, is skuldig bevind aan misdade insluitend die onwettige besit van vuurwapens, oortreding van immigrasiewette en seksuele misdade.
Augetto Graig
Namibië het verlede week 14 gevonnisde gevangenes wat Zambiese burgers is aan dié buurland uitgelewer om voort te gaan om hul vonnisse in hul geboorteland uit te dien.

Terselfdertyd is vyf Namibiërs wat in Zambië skuldig bevind is, teruggestuur na Namibië om hul tronkstraf hier te voltooi. Die gevangenes is Woensdag verskuif.

Die ministerie van binnelandse sake, immigrasie, veiligheid en sekuriteit se departement van korrektiewe dienste het aangekondig die jongste oorplasing van gevangenes volg nadat dié twee lande vergader het vir die 25ste permanente gesamentlike kommissie oor verdediging en sekuriteit wat vanaf 29 Julie tot 2 Augustus in Swakopmund plaasgevind het.

Die gevangenes is by die Katima Mulilo-grenspos oorkant die Sesheke-distrik van Zambië oorgeneem en dit is ook waar die vyf Namibiese gevangenes ontvang is.

Die Namibiërs wat in Zambië in aanhouding was, is skuldig bevind aan misdade insluitend die onwettige besit van vuurwapens, oortreding van immigrasiewette en seksuele misdade.

In die voorval van die seksuele misdaad was die slagoffer ’n minderjarige kind en dié Namibiër is tot tien jaar tronkstraf gevonnis – die langste van die terugkerende gevangenes.

Die Zambiese gevangenes is in Namibië skuldig bevind aan misdade wat die oortreding van natuurbewaringswette en immigrasiewette insluit. Ander aanklagte sluit in vervalsing, dwelmhandel, mensehandel, huisbraak, verkragting en moord. Die moordbeskuldigde dien ’n vonnis van 18 jaar tronkstraf uit.

Volgens die kommissaris-generaal van die Namibiese Korrektiewe Dienste, Raphael Hamunyela, is dit belangrik dat gevangenes hul vonnisse uitdien naby waar hul familie woon, aangesien dit hul rehabilitasie en herintegrasie in die samelewing bevorder.

Hy haal studies aan wat toon dat gevangenes wat kontak met hul familie kan behou, beter aanpas ná hul vrylating en minder geneig is om weer die wet te oortree.

In April verlede jaar is 15 Zambiese gevangenes, insluitend een vroue-oortreder, na hul land teruggeneem en ses Namibiese gevangenes is teruggebring.

Sedert die twee regerings in Maart 2012 ooreengekom het om gevangenes toe te laat om na hul geboortelande terug te keer, is altesaam 40 van die twee lande se burgers op dié manier oorgeplaas. – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-12-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 20° | 32° Eenhana: 19° | 27° Oshakati: 21° | 27° Ruacana: 20° | 25° Tsumeb: 19° | 27° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 21° | 33° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 18° | 28° Henties Bay: 16° | 21° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 16° | 21° Rehoboth: 21° | 32° Mariental: 22° | 36° Keetmanshoop: 20° | 36° Aranos: 20° | 35° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 14° | 23° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 20° | 24° Lubumbashi: 17° | 31° Mbabane: 16° | 19° Maseru: 15° | 31° Antananarivo: 15° | 34° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 26° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 17° | 25° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 17° | 21° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 21° | 34° Harare: 19° | 31° #REF! #REF!