Namibiese paspoort styg in ranglys
'n Namibiese paspoort beklee tans die 67ste posisie op die Henley Paspoort Indeks, 'n styging teenoor die 70 van verlede jaar. Die paspoort het egter nie meer bruikbaar geraak nie, omdat die aantal visumvrye lande waartoe Namibiërs toegang het, op 78 gebly het. Die indeks is die oorspronklike rangorde van al die wêreld se paspoorte volgens die aantal bestemmings waartoe houers toegang sonder 'n visum het. Dit is gebaseer op eksklusiewe en amptelike data van die Internasionale Lugverkeervereniging (IATA). Japanese burgers kan nou 'n verstommende 193 bestemmings uit 227 oraloor in die wêreld sonder 'n visum besoek, teenoor dié in Singapoer en Suid-Korea se 192. Afghanistan bly aan die onderpunt van die indeks met 27. Die sleutelvoordele vir die eienaar van 'n alternatiewe paspoort sluit in toegang tot sake- en onderriggeleenthede op 'n globale skaal, sowel as verbeterde veiligheid en sekuriteit in 'n wêreld wat vinnig en toenemend verander.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie