Eva-Maria
Eva-Maria

Nangolo terug by die werk

Mag nog nie in hof verskyn
Sy het baie Namibiërs ontstig met haar twiets oor Damara-mense se kultuur wat as neerhalend voorgekom het.
Yandi Du Plessis
Jemima Beukes – Eva-Maria Nangolo, ’n regshulpprokureur wat in warm water beland het oor neerhalende opmerkings wat sy in April op Twitter oor die Damara-gemeenskap gemaak het, kan terugkeer werk toe, maar sal nie die staat in die hof verteenwoordig totdat ’n ondersoek na haar gedrag afgehandel is nie.

Nangolo, wat tans deur die ministerie van justisie ondersoek word, het vir Yvonne Dausab, die minister van justisie, en die ministerie se direktoraat vir regshulp hof toe gesleep om hul besluit te betwis om haar as staatsregshulpprokureur te onttrek.

Sy het baie Namibiërs ontstig toe sy oor Damara-mense se kultuur getwiet het en hulle glo gestereotipeer het omdat sy gesê het hulle is grootliks net bekend vir gewelddadige gedrag.

“Die Damara-mense doen iets moois, ’n kulturele identiteit. Ek hou hiervan. Dit oorskadu daardie [gewelddadige] beeld van bottels breek, steek, beledigings. . . geen kultuuridentiteit waarvan ek weet nie,” het sy in reaksie op foto’s van ’n kulturele geleentheid getwiet.

Dausab het destyds Nangolo se regshulpsertifikaat teruggetrek, terwyl ’n dissiplinêre proses van stapel gestuur is.

NIE WAAR NIE

Gladys Pickering, uitvoerende direkteur in die ministerie, het vandeesweek bevestig dat Nangolo intussen terug is by die werk.

Sy sal egter lessenaargebonde wees totdat die dissiplinêre ondersoek en hofsaak afgehandel is.

“Ja, ek kan bevestig die personeellid is by die kantoor. Ek is ingelig sy is hier. Maar nee, dit is nie waar dat sy ’n junior is nie,” het sy gesê oor bewerings dat Nangolo na ’n laer pos verskuif is.

“Sy is steeds ’n regsbeampte op vyfde graad, maar sy gaan nie meer hof toe nie. Die hofsaak is nog aan die gang. Daar is nog ’n ondersoek, maar ek kan nou niks daaroor sê nie,” het Pickering gesê.

Nangolo het ook bevestig dat sy terug op kantoor is nadat sy met verlof was, en dat haar reg om in die hof te verskyn, opgeskort is.

“Ek weet nie wat jy hiervan maak as ons staatsamptenare is voordat take aan ons toegewys word nie. Wanneer jou reg van verskyning weggeneem word, dan is jy net ’n staatsamptenaar,” het sy gesê.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!