NCS hanteer vandag ’n stormloop
Korrektiewe dienste streef na regverdige aanstellings
Bykans 16 000 voornemende NCS-werknemers moet eers hul geskiktheid bewys, met net 200 poste op die spel.
Die rede hoekom tienduisende name op die kortlys vir net 200 poste vir gevangenispersoneel ingesluit is, is om regverdigheid in die uiteindelike aanstellings toe te laat, sê die Namibiese Korrektiewe Dienste (NCS) se woordvoerder, me. Salmi Hangula.
“Baie kandidate lyk goed op papier, maar kan nie alles doen wat fisies nodig is nie,” sê sy.
Dit behoort vandag te wemel by die Onafhanklikheidstadion in die hoofstad, en by verskeie ander persele landswyd, waar voornemende aansoekers vir evalueringstoetse vanaf 07:00 aanmeld.
Bykans 16 000 aansoekers is uit 33 259 aansoeke op ’n kortlys geplaas. Uit 15 867 aansoekers op die kortlys moet almal onder 26 jaar ouderdom vandag en môre aanmeld. Die aansoekers ouer as 25 jaar moet op 20 en 21 Januarie aanmeld. Die toetsproses sal tot 27 Januarie voortduur.
Die vereiste dat almal met geldige identiteitsdokumente en ’n gedragsertifikaat van nie ouer as ses maande nie moet opdaag, het reeds dié week ’n stormloop en lang rye by polisiestasies landswyd veroorsaak.
Laat Dinsdag het die NCS laat weet die gedragsertifikaat sal nou eers nodig wees vir diegene wat wel suksesvol is, en moet voorsien word voordat hulle met basiese opleiding sal begin.
Hangula sê daar is geen waarheid in die bewering dat die vereiste vir ’n gedragsertifikaat, waarvoor die polisie N$100 per aansoek vra, ’n geldmaakstorie vir die gevangenisdiens is nie. Sy sê so ’n sertifikaat is ’n vereiste vir enige aanstelling in ’n pos in enige van die land se veiligheidsinstansies. Verder kry Nampol dié inkomste en nie die NCS nie, voeg sy by.
Die verskeie toetspersele en amptenare wat by die toetsproses betrokke sal wees, sal ook enige moontlike begunstiging uitskakel, brei sy uit. Aansoekers kan by enige van die verskeie persele hul toets gaan aflê.
In die nuutste vrystelling word die toetsproses – in drie dele verdeel – uiteengesit. ’n Fisiese fiksheidtoets is eerste, gevolg deur ’n geskrewe toets en ’n mondelinge een agterna. Kandidate word aangemoedig om vanoggend in sportdrag vir die fisieke toets op te daag. Indien enige van die verskeie fiksheidtoetse nie suksesvol voltooi word nie, word die betrokke kandidaat outomaties gediskwalifiseer.
Geen selfone word tydens die geskrewe toets toegelaat nie.
Vir die kandidate uitgesonder vir hul sportvaardighede sal die mondelinge toets met proewe vervang word. Ook die aansoekers wat by die NCS se blaasorkes wil aansluit, sal eerder oudisies moet deurkom, terwyl voornemende NCS-vragmotorbestuurders ’n bestuurstoets sal moet slaag.
Die NCS waarsku teen enige betaling aan enige persoon wat voorgee hulle kan help of toetsvraestelle vooraf voorsien. Indien enigiemand aanbied om ’n werksgeleentheid by die NCS te help verseker, moet hulle by die Namibiese polisie aangemeld word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie