NDF nie by hoop lyke betrokke
SAMIM doen ondersoek
Soldate wat in Mosambiek glo lyke brand sluit nie NDF offisiere in nie
Namibiese soldate was nie betrokke by die beweerde verbranding van lyke in Mosambiek laat laas jaar nie, volgens die minister van verdediging, Frans Kapofi.
Hy sê minder as 20 van die Namibiese weermag (NDF) se offisiere is na die omstrede Cabo Delgado gebied in Mosambiek ontplooi, en meestal is ’n ondersteunende kapasiteit.
“Indien ons betrokke was, sou ek daarvan geweet het. Dit sou nie een van ons wees nie, of ons so ingelig gewees het. Ek sou eerste geweet het.
“Alhoewel operasies in gebiede anders as jou eie enige iets moontlik maak, sou ek ingelig gewees het. Ek was vanoggend deur die generaal verantwoordelik vir operasies ingelig sonder enige noem van so iets,” het Kapofi gister aan Republikein bevestig.
Video wat op sosiale media versprei word, vertoon blykbaar hoe Suid Afrika se soldate afgeneem is terwyl hulle lyke op ’n rommelhoop gooi en verbrand. Onbevestigde beweringe dat die video in November verlede jaar in Mosambiek geneem is, word steeds ondersoek, volgens die hoof van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC) se missie in Mosambiek (SAMIM) genl.maj. Xolani Mankayi.
Mankayi se standpunt is Dinsdag in ’n nuusvrystelling van SAMIM uiteengesit. Volgens SAMIM neem hulle kennis van die video, maar Mankayi kan nie bevestig of die voorval binne sy gebied van verantwoordelikheid gebeur het nie. Nogtans het hy ’n raad van navraag opgestel om die omstandighede om die voorval deeglik te ondersoek.
“Die SAMIM-mag is ’n betroubare, doeltreffende en reagerende rolspeler wat streekintegrasie en volhoubare ontwikkeling bevorder. Ons bly daartoe verbind om alle toepaslike wetgewing te eerbiedig terwyl ons in Mosambiek is,” lees die vrystelling.
In ’n vorige vrystelling deur Suid-Afrika se weermag hou die SANDF vol dat die uniform van die soldaat in die video nog bevestig moet word.
“Die voorval het glo in die maand van November 2022 in Mosambiek plaasgevind, waar Suid-Afrikaanse magte as deel van die SADC missie na Mosambiek (SAMIM) gestuur is.
“Wanneer ons magte gestuur word, vorm hulle deel van die gesamentlike mag wat onder die bevel en beheer van SAMIM val. Suid-Afrika ondersteun bloot hierdie missie met logistiek,” lees die SA weermag se vrystelling.
Brig.genl. Andries Mokoena Mahapa, direkteur van korporatiewe kommunikasie vir Suid-Afrika se weermag, dring verder aan die SANDF keur nie die aksie uitgebeeld in die video goed nie en diegene wat skuldig bevind mag word, sal tot verantwoording geroep word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie