Die minister van finansies en staatsondernemings Iipumbu Shiimi, verwelkom burgerinsette tot die nasionale begroting.
Foto parliament.na
Die minister van finansies en staatsondernemings Iipumbu Shiimi, verwelkom burgerinsette tot die nasionale begroting. Foto parliament.na

Neem deel aan die nasionale begroting

Finansminister bereid om oor BIG te praat
Armoede heers, behuising ontbreek en die beskerming van slagoffers bestaan nie, volgens insette.
Augetto Graig
Namibië maak vordering met die insluiting van meer burgers by die samestelling van die nasionale begroting, volgens die uitvoerende direkteur van die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing (IPPR), Graham Hopwood.

Hy sê die internasionale begrotingsopname dui daarop dat deursigtigheid ten opsigte van die samestelling van die nasionale begroting verbeter het, en openbare deelname het met 20 punte verbeter vanaf ’n telling van nul toe Namibië aanvanklik in 2012 aan die opname begin deelneem het.

Hopwoord het Maandag in Windhoek gepraat waar plaaslike nieregeringsorganisasies met die minister van finansies en staatsondernemings, Iipumbu Shiimi, en die direkteur-generaal van die Nasionale Beplanningskommissie, Obeth Kandjoze, vergader het om vroeë insette te lewer voor die middeltermyn-begrotingsoorsig later vanjaar.

BEKOMMERNISSE

Boaan die lys van bekommernisse wat aan die lig gebring is, is armoede wat glo nog nooit so erg was sedert onafhanklikheid soos nou nie.

Teenwoordigers het weer eens druk op die regering geplaas om uiteindelik die universele basiese inkomstetoelaag (BIG) te implementeer, met die BIG-koalisie wat glo ’n voorlegging oor die behoefte aan so ’n ingryping, en metodes hoe dit uitgerol kan word, onlangs by die ministerie en die regering ingedien het.

“Kom ons voer ’n diep en formele gesprek hieroor om te sien hoe ons dit vorentoe kan neem,” het Shiimi oor BIG gesê.

Behuising is steeds ’n groot bekommernis, hoewel Hopwood sê dat vordering gemaak word ná die aanvaarding van die nuwe nasionale behuisingsbeleid. Die regering sal na verwagting besteding aan behuising oor die volgende ses tot sewe jaar van N$700 miljoen tot sowat N$6,5 miljard opstoot.

BESTEDING

Nog ’n kwessie is vroeë kinderontwikkeling wat uitgebrei en wyer versprei moet word. Shiimi sê besteding aan onderwys word hersien om meer klem op skoolinfrastruktuur te plaas.

As voorbeeld van vorige sukses in terme daarvan om die regering se begrotingsprioriteite te beïnvloed, noem Hopwood verlede jaar se besluit om belasting op sanitêre doekies op te skort. Navorsing om die impak van hierdie besluit te meet, ontbreek steeds, sê hy.

Volgens die finansminister beloop welsynsingrypings tot 50,2% van die regering se totale besteding. Hy sê N$700 miljoen word bewillig vir die opgradering van informele behuising.

“Ons luister wel na jou,” voer Shiimi aan.

Hy sê die regering sal sy fokus op vervoerinfrastruktuur verskuif van padbou na die opgradering van die land se spoornetwerk.

Die 2024-’25-boekjaar bevat ook ’n begroting van sowat N$2,2 miljard vir watervoorsiening, spesifiek om water aan mynbou- en nywerheidsverbruikers aan die kus te verskaf en om voorsiening aan landelike gemeenskappe te verbeter. Infrastruktuur in Namibië se nasionale parke kry ook nou voorkeur.

BELASTINGDREMPEL

In terme van verligting dui Shiimi aan dat die verhoging in die inkomstebelastingdrempel en die verhoging in die drempel vir oordragkoste vir huisaankope vanaf N$600 000 om van toepassing te wees op huise ter waarde van N$1,1 miljoen en hoër albei bedoel is om huishoudings te help oorleef.

Die ekstra N$200 wat vir pensioen- en ongeskiktheidsbegunstigdes toegeken word, help mense ook om vandag se ekonomiese swaarkry beter te hanteer, sê hy.

Ander kwessies wat uitgelig is, sluit in verlede jaar se sluiting van al die regering se veilige huise vir slagoffers van geslagsgebaseerde geweld, en die tekort aan maatskaplike werkers en verwante polisiebeamptes om huishoudelike misdaad te takel.

Finansiering vir klein besighede is ook as ’n probleem uitgelig.

Die direkteur van die inligtingsentrum vir die burgerlike samelewing, Melanie Markus, moedig belanghebbendes aan om skriftelike insette te lewer sodat alles saamgestel kan word en ’n voorlegging volgende maand by die regering ingedien kan word. – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-08-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Currie Cup: NovaVit Griffons 26 vs 45 Airlink Pumas | Toyota Cheetahs XV 21 vs 38 Fidelity ADT Lions | DHL Western Province 23 vs 31 Hollywoodbets Sharks XV | Vodacom Bulls 47 vs 24 Suzuki Griquas Premier League: Liverpool 2 vs 0 Brentford | Wolves 2 vs 6 Chelsea | Bournemouth 1 vs 1 Newcastle | Aston Villa 0 vs 2 Arsenal | Tottenham Hotspur 4 vs 0 Everton | Southampton 0 vs 1 Nottingham Forest | Manchester City 4 vs 1 Ipswich Town | Fulham 2 vs 1 Leicester City | Crystal Palace 0 vs 2 West Ham | Brighton 2 vs 1 Manchester United LaLiga: Atletico Madrid 3 vs 0 Girona | Deportivo Alaves 0 vs 0 Real Betis | Leganés 2 vs 1 Las Palmas | Real Madrid 3 vs 0 Real Valladolid | Espanyol 0 vs 1 Real Sociedad | Getafe 0 vs 0 Rayo Vallecano | Barcelona 2 vs 1 Athletic Club | Osasuna 1 vs 0 Mallorca | Sevilla 1 vs 2 Villarreal | Celta Vigo 3 vs 1 Valencia SerieA: AS Roma 1 vs 2 Empoli | Napoli 3 vs 0 Bologna | Torino 2 vs 1 Atalanta | Fiorentina 0 vs 0 Venezia | Monza 0 vs 1 Genoa | Inter Milan 2 vs 0 Lecce | Udinese 2 vs 1 SS Lazio | Parma 2 vs 1 AC Milan European Championships Qualifying: Swansea City 1 vs 1 Cardiff City | Watford 2 vs 1 Derby County | Sunderland 1 vs 0 Burnley | Stoke City 1 vs 2 West Bromwich Albion | Preston North End 1 vs 0 Luton Town | Norwich City 1 vs 1 Sheffield United | Middlesbrough 2 vs 2 Portsmouth | Blackburn Rovers 2 vs 1 Oxford United | Queens Park Rangers 1 vs 1 Plymouth Argyle | Hull City 0 vs 0 Millwall FC | Bristol City 1 vs 1 Coventry City | Sheffield Wednesday 0 vs 2 Leeds United English Championship: Swansea City 1 vs 1 Cardiff City | Watford 2 vs 1 Derby County | Sunderland 1 vs 0 Burnley | Stoke City 1 vs 2 West Bromwich Albion | Preston North End 1 vs 0 Luton Town | Norwich City 1 vs 1 Sheffield United | Middlesbrough 2 vs 2 Portsmouth | Blackburn Rovers 2 vs 1 Oxford United | Queens Park Rangers 1 vs 1 Plymouth Argyle | Hull City 0 vs 0 Millwall FC | Bristol City 1 vs 1 Coventry City | Sheffield Wednesday 0 vs 2 Leeds United #N/A Currency: GBP to NAD 23.37 | EUR to NAD 19.82 | CNY to NAD 2.49 | USD to NAD 17.76 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.29 | EGP to NAD 0.36 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.23 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 134.06 | USD to AOA 903.99 | USD to BWP 13.28 | USD to EGP 48.7 | USD to KES 128.23 | USD to NGN 1591.97 | USD to ZAR 17.76 | USD to ZMW 26.25 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1828.84 Down -1.06% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13954.07 Up +0.19% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30141.08 Up +0.76% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9622.52 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 523.96/OZ UP +0.32% | Copper US$ 4.24/lb UP +0.67% | Zinc US$ 2 934.50/T UP 0.16% | Brent Crude Oil US$ 81.11/BBP UP +1.99% | Platinum US$ 970.36/OZ UP +1.22% #N/A