Nekundi trap liggies vir ombudsman-wetsontwerp
‘Moet nie blindelings aanvaar word nie’
Die justisieminister het gesê hoewel mense geregtig is op hul menings oor die wet, het sy beklemtoon dat die wetsontwerp op menseregte fokus en nie ten doel het om enige spesifieke agenda te bevorder nie.
Die Swapo-parlementslid Veikko Nekundi het onlangs kommer uitgespreek dat die ombudsman-wetsontwerp moontlik homoseksualiteit kan bevorder deur wette en internasionale instrumente wat Namibië bekragtig het.
Die konsepwet, wat onlangs deur die minister van justisie, Yvonne Dausab, ter tafel gelê is, het ten doel om die wetlike raamwerk wat die kantoor van die ombudsman beheer, te versterk.
Nekundi het daarop aangedring dat die wetsontwerp nie blindelings aanvaar moet word nie, en het daarop gewys dat Namibië se bekragtigde internasionale wette in die land se regstelsel verskans is.
Hy het kommer uitgespreek oor die moontlike verborge implikasies van die wetsontwerp.
“Wat is daardie internasionale menseregte-instrumente? ’n Esel stamp nie sy kop twee keer teen dieselfde klip nie. Ons het gedink ons Grondwet ondersteun nie homoseksualiteit nie, en nou moet ons versigtig wees.
“Hierdie wetsontwerp moet nie aanvaar word sonder om ten volle te verstaan wat dit behels nie. Dieselfde nieregeringsorganisasies en die ombudsman gaan na skole wat homoseksualiteit bevorder. Hierdie dinge gebeur, selfs op radioprogramme.
“Watter programme wat deur die Europese Unie en Amerika gefinansier word, bevorder homoseksualiteit deur die ombudsman se kantoor?” het Nekundi gesê.
Hy het ook bevraagteken of die ombudsman voldoende gekeur is om die belyning met Namibië se waardes te verseker.
“Die ombudsman se kantoor is van kardinale belang – dit kan ’n land maak of breek. Ons moet verseker dat die persoon wat aangestel word in pas is met ons waardes, nie net iemand met ’n graad of wat vlot Engels praat nie.
“Ons moet weet of hul sienings strook met ons land se ideale.”
MINISTER
Dausab het gesê hoewel mense geregtig is op hul menings oor die wet, het sy beklemtoon dat die wetsontwerp op menseregte fokus en nie ten doel het om enige spesifieke agenda te bevorder nie.
“Ongeag wat mense se interpretasie van menseregte is, alle Namibiërs is mense, en hierdie wetsontwerp dek alle mense in die land. Ek wil nie betrokke raak by die debat oor homoseksualiteit nie aangesien dit die aandag van die kern van hierdie wetsontwerp aflei,” het Dausab gesê.
“Dit gaan oor menseregte, nie individue se private lewens nie.”
ONAFHANKLIK
Dausab het ook kommer oor die ombudsman se onafhanklikheid aangespreek.
Sy het beklemtoon dat dit nie deur die kantoor se bedryfsraamwerk bepaal word nie, maar deur sy bedryfsvryheid.
“Tot nou toe is daar geen aanduiding dat daar enige inmenging was nie,” het sy gesê. Dausab het ook die bewering dat die wetsontwerp deur die parlement gehaas word, verwerp en beklemtoon dat dit strook met grondwetlike bepalings.
Sy het verduidelik dat die nuwe wetsraamwerk die ombudsman se kantoor in staat sal stel om onafhanklik te funksioneer, met sy eie rekenpligtige beampte en bedryfsbegroting.
“Hoewel die presiese koste van die oprigting van die kantoor nog nie duidelik is nie, sal van die bestaande personeel na die ombudsman se kantoor gesekondeer word om met sy bedrywighede te help,” het Dausab bygevoeg.
Oor die onderwerp om die term “ombudsman” geslagsneutraal te maak, het Dausab verduidelik die verandering van die naam is nie ’n maklike taak nie en dat die samelewing se gereedheid vir so ’n verskuiwing ’n vereiste is.
“Die term ‘ombudsman’ het ’n breër internasionale konnotasie, en hoewel ons dit kan oorweeg om dit in die toekoms te verander, is dit nie nou ’n prioriteit,” het sy gesê.
BEDRYFSUITDAGINGS
Dausab het ook die logistieke uitdagings uitgelig wat die ombudsman se kantoor in die gesig staar, wat tans die meeste van sy infrastruktuur huur, met die uitsondering van een gebou in staatsbesit op Otjiwarongo.
Sy het planne onthul om N$20 miljoen oor die volgende paar jaar toe te ken om die kantoor se bedrywighede te verbeter.
“’n Beduidende deel van die kantoor se ondersteuning sal van die staatsdiens kom,” het sy gesê.
Sy het verder beklemtoon dat die ombudsman se dienste beskikbaar is vir alle individue in Namibië, ongeag nasionaliteit, en hulle moet in staat wees om hulp te soek sonder diskriminasie.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie