NHE werknemers sit môre hul toerusting neer wanneer 'n landswye staking sal afskop.
Foto nhe.com.na
NHE werknemers sit môre hul toerusting neer wanneer 'n landswye staking sal afskop. Foto nhe.com.na

NHE-staking begin môre

Augetto Graig
Die staking by die Nasionale Behuisingsonderneming (NHE) skop môre om 10:00 af.

Die adjunk-sekretaris-generaal van die Staatsdiensunie van Namibië (PSUN), Ujama Kaahangoro, het dié verwikkeling gister bevestig.

Hy het gesê die NHE is oor die staking ingelig, daar is oor die reëls van die staking ooreengekom en alle stappe is gedoen om te verseker dat dit wettig is.

Kaahangoro het ook bevestig dat die reël van “geen werk, geen loon” toegepas sal word.

Hy sê die vakbond het ’n strategie om die impak daarvan op werknemers wat aan die staking deelneem, te versag. Hy wou egter nie oor die strategie uitbrei nie.

NHE se woordvoerder, Tuafi Shafombabi, het reeds voorheen dié reël aangekondig.

Shafombabi sê in ’n mediaverklaring die NHE het ook ’n gebeurlikheidsplan in plek. Nietemin sal die staking ongetwyfeld ’n negatiewe impak op die onderneming se bedrywighede hê, en die geskeduleerde dienste wat die NHE sou lewer, sal in ’n mate onderbreek word.

Die impak en die tydsduur van die staking is vir albei partye nog onduidelik, voeg sy by.

Die staking volg nadat onderhandelinge vir die aanpassing van werksomstandighede verlede jaar ’n dooiepunt bereik het, en nadat bemiddelingspogings van verteenwoordigers van die arbeidsminister op 6 Desember verlede jaar misluk het.

Altesaam 90% van NHE-werknemers het verlede maand ten gunste van ’n staking gestem.

Kommentaar

Republikein 2025-01-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 29° Rundu: 19° | 32° Eenhana: 22° | 35° Oshakati: 26° | 35° Ruacana: 20° | 36° Tsumeb: 21° | 34° Otjiwarongo: 19° | 33° Omaruru: 18° | 37° Windhoek: 20° | 33° Gobabis: 22° | 32° Henties Bay: 16° | 20° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 21° Rehoboth: 20° | 34° Mariental: 21° | 37° Keetmanshoop: 18° | 37° Aranos: 23° | 36° Lüderitz: 14° | 30° Ariamsvlei: 19° | 37° Oranjemund: 14° | 24° Luanda: 26° | 27° Gaborone: 22° | 34° Lubumbashi: 17° | 20° Mbabane: 15° | 27° Maseru: 19° | 33° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 18° | 21° Maputo: 21° | 32° Windhoek: 20° | 33° Cape Town: 19° | 23° Durban: 22° | 26° Johannesburg: 20° | 31° Dar es Salaam: 26° | 31° Lusaka: 17° | 20° Harare: 17° | 23° #REF! #REF!