Niks ‘duister’ aan August 26-tender
Henriette Lamprecht – Die ministerie van onderwys, kuns en kultuur sê alle tenderprosesse vir werke, goedere en dienste word in ooreenstemming met die wet op openbare verkryging uitgevoer.
Die ministerie het verwys na die toekenning van ’n tender aan die konstruksiemaatskappy, August 26, vir die bou van 510 klaskamers en 74 ablusieblokke ter waarde van meer as N$255 miljoen en sê daar is niks “duister” hieraan nie.
Die ministerie het by monde van die waarnemende uitvoerende direkteur, Knox Otto Imbuwa, gesê die ministerie is tevrede met die maatskappy se werk en sy toewyding om die projek binne die gegewe tydsraamwerk en binne die ministerie se finansiële kapasiteit te voltooi.
Volgens Imbuwa is die Uitvoering deur Openbare Entiteite die ideale verkrygingsmetode wat die ministerie op die kort termyn verder sal wil voer om die reuse-agterstand in die bou en opknap van infrastruktuur te takel. Dit tesame met die benadering van Oop Nasionale Aanbiedinge (ONB) vir aankope vir die ministerie se medium- en langtermynbehoeftes.
Imbuwa sê die ministerie is een van verskeie staatsinstellings wat gereeld met die ONB-metode aankope deur die Sentrale Verkrygingsraad (CPBN) doen. Dit sluit in 12 kapitale projekte vir die bou van skole en koshuise ter waarde van N$936 miljoen asook die aankoop van kos vir die ministerie se landswye voedingsprogram met ’n gekombineerde waarde van N$2,7 miljard.
Dit is volgens Imbuwa daarom duidelik dat verskeie klein- en mediumondernemings en alle gevestigde en groter konstruksiemaatskappye in die private sektor steeds “meer as ’n regverdige deel van openbare werke en dienste van die ministerie het” om op die ope mark mee te ding.
“Die Federasie vir Konstruksiebedrywe in Namibië (CIFN) se kommer oor die ‘uitsluiting van Namibiese kontrakteurs’ in openbare werke deur hierdie ministerie is spekulatief en is onregverdigbaar.”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie