Nog geen heenkome vir oudplaaswerkers
Die ministerie van landbou, water en grondhervorming het geen idee hoeveel voormalige plaaswerkers tans landswyd in padreserwes bly nie.
Dié werkers en hul gesinne is sonder heenkome gelaat nadat hulle van plase – waar van hulle reeds oor geslagte heen werk – verwyder is.
In ’n vrystelling wat deur Chrispin Matongela, die adjunkdirekteur van openbare verhoudings in die ministerie, onderteken is en op medianavrae, is gesê die ministerie is slegs daarvoor verantwoordelik om ’n profiel van dié plaaswerkers op te stel.
’n Advertensieveldtog is in 2020 in plaaslike koerante en radiostasies van stapel gestuur om hierdie kwesbare mense te vra om by die ministerie te registreer.
Die bevestiging van die reaksie op dié advertensieveldtog word in agt streke uitgevoer.
Die ministerie bevestig die lewensomstandighede van geregistreerders in die ||Kharas-, Erongo-, Hardap-, Kunene-, Omaheke-, Oshikoto- en Otjozondupastreek, deur navrae by betrokke kommersiële plase te doen. Die regering moet nog egter bepaal wat om aan die situasie te doen.
Die ministerie sê by die tweede nasionale grondkonferensie is opdrag gegee om ’n beleid vir die beskerming en die voorsiening van alternatiewe blyplek vir die oudplaaswerkers op te stel. Die beleid word tans saam met die ministerie van arbeid, nywerheidsbetrekkinge en werkskepping ontwikkel, sê die grondhervormingsministerie.
Die ministerie versamel nie inligting oor die aantal voormalige plaaswerkers wat grondloos is en landswyd in padreserwes woon nie, maar versamel slegs profielinligting van dié plaaswerkers.
“Die uitdaging is van hulle het dalk nie toegang tot koerante en ’n radio nie; dus is hulle dalk nie bewus van die versoek om by die ministerie te registreer nie.”
Dit is gevolglik nie die ministerie se verantwoordelikheid om die aantal voormalige plaaswerkers te bepaal wat nou sonder heenkome is nie.
Verder is daar geen program of beleid van toepassing wanneer die ministerie bewus raak van plaaswerkers wat van plase verjaag is nie.
Hulle word aangeraai om aansoek te doen om hervestig te word wanneer plase daarvoor beskikbaar gestel word. Dié aansoeke sal steeds deur die gewone prosedure verwerk word.
“In die afwesigheid van ’n beleid vir voormalige plaaswerkers is die ministerie nie bewus van opsies vir kommersiële boere wat oudplaaswerkers van hul grond moet verwyder nie.
“Die enigste regte wat voormalige plaaswerkers mag hê, is dié waarvoor in die Arbeidswet voorsiening gemaak word, indien enige. Die ministerie van arbeid kan dus genader word vir raad oor bepalings in die Arbeidswet wat voorsiening maak vir die regte van plaaswerkers wat vir generasies op die grond gewerk het, indien enige,” luidens die grondhervormingsministerie.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie