Nog 'n uraanmyn in Erongo
Vierde in streek
Met die stygende pryse vir uraanerts sal die nuwe Etango-uraanmyn na verwagting teen 2024 die lig sien.
Brigitte Weidlich - Die Australiese maatskappy Bannerman Energy wat sedert 2006 in die Erongostreek bedrywig is, het sy mynlisensie vir sy Etango-uraanprojek van die ministerie van mynbou en energie ontvang.
Dit sal die ‘n vierde uraanmyn saam met Rössing Uranium, die Husab-myn, Trekkopje (tans gesluit) en Langer Heinrich Uranium (LHU) in Namibië wees. Al die myne is in die Erongostreek en binne natuurbewaringsparke geleë.
LHU is etlike jare gelede uit diens gestel, maar sal heraktiveer word en sal na verwagting weer in April 2024 in werking wees.
“Ons is bly om te kan aankondig dat ons die mynlisensie ontvang het en die eerste kontrakte vir die eerste fase van die Etango-projek toegeken is,” het die maatskappy bevestig.
Die toekenning van die lisensie stel Bannerman in staat om dadelik twee sleutelkonstruksiekontrakte aan Etango toe te ken vir die konstruksie van tydelike watertoevoer asook toegang per pad tot die terrein.
“Die toegangspad sal beheerde toegang tot die terrein bied met minimale impak vanaf die begin van konstruksie op die omliggende gebied. Die ooreenkomste het ‘n totale waarde van ongeveer N$36 miljoen en is aan Namibiese maatskappye toegeken,” het Bannerman gesê.
‘n Tenderproses is reeds aan die begin van die jaar voltooi, met Bannerman wat sodoende verseker het daar kan by die huidige skedule vir die konstruksie van die Etango-myn gehou word.
Brandon Munro wat aan die stuur van Bannerman staan, sê dit verteenwoordig die hoogtepunt van "ons onwrikbare fokus op Etango sedert ons eerste belegging in 2006. Dit terwyl ons getrou bly aan ons geloof in die kritieke rol van kernenergie vir ‘n beter wêreld.”
Met die mynpermit kan belangrike werkvloei nou na ‘n finale beleggingsbesluit gevoer word. Internasionale uraanpryse het ook onlangs gestyg, wat voordelig vir die nuwe myn is. Bannerman het in Augustus 2022 om die mynpermit aansoek gedoen.
Die prys van uraan was vir jare sedert die Fukushima-ramp in 2011 sowat US$30 per pond en het vanjaar tot US$45 gestyg. Vanaf Augustus het dit selfs hoër geklim en het vroeër die week op US$86 gestaan. - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie