Die Hosea Kutako Internasionale Lughawe. FOTO ARGIEF
Die Hosea Kutako Internasionale Lughawe. FOTO ARGIEF

Nuwe klaringsmodelle vir invoere ondersoek

Laatbetaling van doeane en aksyns
Klaringsagente ervaar dikwels probleme in die verkryging van die vereiste dokumente van invoerders en kliënte om invoergoedere by die lughawe vry te stel.
Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht - Die Namibiese Inkomste-agentskap (NamRA) is bewus van die uitdagings wat klein- en medium sakeondernemings in die gesig staar in die vertraging om invoergoedere by Hosea Kutako Internasionale Lughawe (HKIA) vrygestel te kry en is besig om nuwe klaringsmodelle te ontwerp om die situasie te takel.

NamRA het ook ’n ondersoek van stapel gestuur oor Menzies Aviation wat tydens die oorgangstydperk tussen dié maatskappy en Paragon Aviation Investments in Augustus 2023 – as die verskaffer van grondhanteringsdienste – nie verantwoording vir sommige besendings kon doen nie.

Die minister van finansies en staatsondernemings, Iipumbu Shiimi, het in die Nasionale Vergadering (NV) gereageer op vrae van Longinus Iipumbu van die Namibia Economic Freedom Fighters (NEFF) oor klaringsprosesse by die internasionale lughawe.

Volgens die minister ervaar klaringsagente dikwels probleme in die verkryging van die vereiste dokumente van invoerders en kliënte wat die klaringsproses van ingevoerde goedere by die lughawe vertraag. Die laatbetaling van invoerbelasting aan NamRA is nog ’n stok in die wiel wat die klaringsproses, wat veronderstel is om net sewe dae te duur, verder vertraag om die invoerprodukte vry te stel.

Volgens Shiimi betrek die prosesse vir ingevoerde goedere drie hoofrolspelers, naamlik NamRA, die vraghanteerders Paragon Aviation Investments en dan klaringsagente. Met die aankoms van die ingevoerde goedere op die lughawe word dit deur Paragon vir veilige bewaring in hul pakhuise gestoor totdat NamRA (doeane en aksyns) dit vrystel.

Laasgenoemde proses is veronderstel om binne sewe dae te gebeur.

“Die goedere word te alle tye in Paragon Aviation Investment se pakhuise gehou totdat in al die klaringsvereistes voldoen is, wat insluit die betaling van doeane- en aksynsbelasting voordat dit vrygestel word. Soms word die proses deur die vertraagde betaling van hanteringsfooie gestop,” het Shiimi verduidelik.

Nog ’n rede waarom die klaringsproses vertraag word, is volgens die minister die laat inhandiging van dokumente of die feit dat daar nie aan voorgeskrewe vereistes voldoen word nie.

Hy het beklemtoon die oomblik wanneer alle dokumente ingedien en die ooreenstemmende betaling gemaak is, gevolg wanneer nodig deur ’n inspeksie, word die goedere oor die algemeen binne ’n dag of twee deur die klaringsagente vrygestel.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-12-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 33° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 31° Oshakati: 22° | 30° Ruacana: 21° | 29° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 18° | 26° Omaruru: 22° | 33° Windhoek: 21° | 29° Gobabis: 21° | 28° Henties Bay: 16° | 21° Swakopmund: 16° | 18° Walvis Bay: 17° | 23° Rehoboth: 22° | 31° Mariental: 23° | 35° Keetmanshoop: 22° | 36° Aranos: 21° | 35° Lüderitz: 14° | 26° Ariamsvlei: 24° | 37° Oranjemund: 17° | 24° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 21° | 31° Lubumbashi: 17° | 29° Mbabane: 15° | 32° Maseru: 18° | 30° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 21° | 33° Maputo: 21° | 34° Windhoek: 21° | 29° Cape Town: 20° | 22° Durban: 20° | 30° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 31° Lusaka: 21° | 31° Harare: 18° | 29° #REF! #REF!