Nuwe kommunikasiestelsel vir vrouegevangenes

Rita Kakelo
’n Nuwe kommunikasiestelsel is onlangs by die korrektiewe geriewe in Windhoek vir vrouegevangenes geïmplementeer.

Dit sal gevangenes glo in staat stel om meer doeltreffend met hul regsverteenwoordigers te kommunikeer en gevolglik ’n regverdiger regsproses kan verseker.

Die Namibiese Korrektiewe Dienste (NCS), in samewerking met Telio Communications Namibia, het die nuwe Telio-stelstel geïmplementeer.

’n Kommissaris van die NCS, Leonard Mahundu, het verlede week gesê dié stelsel het ook maatreëls in plek om enige misbruik te voorkom.

Hy het verder verduidelik dat die stelsel oproepbestuur en monitering outomatiseer wat die beamptes se werklading verminder. Dit is veral ’n groot voordeel aangesien die korrektiewe fasiliteite ’n tekort aan mannekrag ervaar. Hierdie outomatisering verlig die behoefte vir beamptes om gevangenes se kommunikasie te monitor, wat hulle in staat stel om glo op ander kritieke take binne die fasiliteit te fokus.

FAMILIE EN VRIENDE

Volgens Mahundu sal die stelsel ook gevangenes toelaat om noodsaaklike kontak met hul families en vriende te behou.

“Hierdie verhoudings bied deurslaggewende emosionele ondersteuning. Gereelde oproepe met geliefdes, verminder gevoelens van isolasie, angs en depressie,” meen hy.

Die implementering van die stelsel kon ’n werklikheid word glo deur die samewerking en toewyding van talle individue en belanghebbendes wat poog om die lewens van die gevangenes te verbeter.

Volgens Mahundu is die NCS se hoofdoel om gevangenes as wetsgehoorsame burgers te rehabiliteer sodat hulle op die ou einde weer by die samelewing kan inskakel. Hulle werk dus saam met sleutelbelanghebbendes om hierdie mandaat te bereik.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!