No Image Caption

Nuwe visumvereistes raak 31 lande

Tree vanaf April 2025 in werking
Die toerismeminister meen dat Namibië nie 'n beduidende afname in toeriste se aankomsgetalle na die land verwag as gevolg van die instelling van visumvereistes nie.
Ellanie Smit
Die kabinet het die implementering van visumvereistes goedgekeur vir lande wat nie Namibië se gebaar van visumvrystelling wat vanaf 1 April 2025 van krag is, weergegee het nie. Dié besluit raak 31 lande.

Volgens die jongste kabinetsbesluit moet die geraakte lande vir visums by aankoms en aanlyn aansoeke kwalifiseer.

Die kabinet het verder goedkeuring gegee dat tariewe vir lande wat nie lede is van die Afrika-Unie (AU) nie, op N$1 600 vasgestel word en N$1 200 (bly onveranderd) vir AU-lede wat met aankoms vir visums kwalifiseer. Dit is onderhewig aan ’n jaarlikse hersiening wat op die fluktuasie van die Namibiese dollar teenoor die euro gebaseer is.

Die kabinet het ook goedgekeur dat die visumvorm by aankoms met die aankomsvorm saamgevoeg word en dat die vertrekvorms gestaak word om dié proses te vereenvoudig en meer personeel by aankomstoonbanke te ontplooi.

Die minister van toerisme, Pohamba Shifeta, het intussen gesê dat internasionale besoekers en die toeristeaankomsgetalle vanaf 2020 tot op datum op ’n herstelkoers en groeitrajek was.

Hy het gereageer op vrae wat in die parlement oor die visumkwessie geopper is.

Hy het gesê die syfers van 2023 is selfs beter en sal binnekort bekend gemaak word.

“Die merkwaardige herstel in getalle en groei van nuwe bronmarkte is ’n positiewe neiging vir onder meer ’n toename in inkomste en werkskepping in die toerismebedryf,” het hy gesê.

Shifeta het gesê die Toeriste-satellietrekeningverslag van 2022 toon dat die toerismebedryf N$14,3 miljard direk tot die bruto binnelandse produk (BBP) bygedra het en meer as 58 000 werksgeleenthede geskep het.

Hy het gesê dat visumvereistes in beginsel nie nuut vir Namibië en talle ander lande is nie.

“Ek wil dit duidelik maak dat die vereistes vir toegangvisums wat volgens die kabinetsbesluit geïmplementeer moet word, slegs aan 31 lande gerig is en slegs vir die rede dat hierdie spesifieke lande nie die goeie gebaar van Namibië teenoor visumvrystellings weergegee het nie.”

Shifeta het bygevoeg dat Namibië nie ’n beduidende of ’n algehele afname in toeriste se aankomsgetalle na die land verwag as gevolg van die instelling van visumvereistes nie.

“Trouens, al hierdie 31 lande kom in aanmerking vir ’n visum by aankoms by ons internasionale lughawens en toegangspunte.”

Hy het gesê dat hulle met die ministerie van binnelandse sake, immigrasie, veiligheid en sekuriteit in gesprek is om verhoogde kapasiteit in terme van menslike hulpbronne en verkoopspuntstelsels by die internasionale lughawe te verseker om die uitreiking van visums by aankoms te bespoedig en die moontlike vertragings in die proses hok te slaan.

Hy het egter gesê dit is noodsaaklik om die potensiële impak van die afname in aankomsgetalle op te weeg as dit gebeur, veral van sleutelmarkte soos Duitsland en die Verenigde State van Amerika, teen die beoogde beleidsvoordele om volhoubare toerismegroei en ekonomiese stabiliteit te verseker.

Hy het gesê die hoofkwessie vir Namibië is om die visumproses te bespoedig en om die kliëntediens-waardeketting op te skerp.

Shifeta het gesê dat sy ministerie, die Namibië Toerismeraad en die private sektor sal voortgaan om beter strategieë te ondersoek.

Die ministerie sal ook voortgaan om die situasie ná die implementering te monitor en gepaste versagtende en verantwoordelike strategieë in plek te stel, het hy gesê.

Shifeta het gesê dat die toerismebedryf kommer uitgespreek het en die ministerie van toerisme en die ministerie van binnelandse sake en immigrasie oor hierdie aangeleenthede genader het. Volgens hom kan die reaksie van die bedryf as “gemeng” beskryf word.

“Die kommer is met betrekking tot die moontlike vertragings in die verwerking van visums by aankoms en koste of tariewe wat onder meer van toeriste verhaal moet word.”

Die ministerie van binnelandse sake en immigrasie het gesê hy sal mettertyd ’n verklaring oor die aangeleentheid uitreik.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-07-02

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Rugby World Cup U20: Wales U20 34 vs 41 New Zealand U20 | South Africa U20 57 vs 7 Fiji U20 | Australia U20 35 vs 11 Georgia U20 | Ireland U20 55 vs 15 Italy U20 | England U20 40 vs 21 Argentina U20 | France U20 49 vs 12 Spain U20 Katima Mulilo: 11° | 30° Rundu: 12° | 32° Eenhana: 12° | 32° Oshakati: 13° | 30° Ruacana: 13° | 30° Tsumeb: 15° | 27° Otjiwarongo: 8° | 27° Omaruru: 9° | 27° Windhoek: 7° | 24° Gobabis: 8° | 27° Henties Bay: 10° | 18° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:44, High tide: 13:07, Low Tide: 18:54, High tide: 01:19 Swakopmund: 13° | 16° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:42, High tide: 13:05, Low Tide: 18:52, High tide: 01:17 Walvis Bay: 11° | 21° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:42, High tide: 13:04, Low Tide: 18:52, High tide: 01:16 Rehoboth: 7° | 25° Mariental: 8° | 23° Keetmanshoop: 8° | 21° Aranos: 8° | 25° Lüderitz: 11° | 20° Ariamsvlei: 9° | 21° Oranjemund: 9° | 18° Luanda: 20° | 22° Gaborone: 10° | 26° Lubumbashi: 11° | 28° Mbabane: 11° | 27° Maseru: 6° | 18° Antananarivo: 6° | 21° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 15° | 30° Windhoek: 7° | 24° Cape Town: 12° | 15° Durban: 15° | 24° Johannesburg: 12° | 19° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 14° | 27° Harare: 12° | 24° Currency: GBP to NAD 23.54 | EUR to NAD 19.97 | CNY to NAD 2.56 | USD to NAD 18.6 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.76 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.27 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.97 | USD to AOA 862 | USD to BWP 13.66 | USD to EGP 48.11 | USD to KES 127.98 | USD to NGN 1504.9 | USD to ZAR 18.59 | USD to ZMW 23.93 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1772.61 Down -1.31% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13245.01 Down -0.44% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27985.89 Up +0.06% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9374.78 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 329.49/OZ DOWN -0.0012 | Copper US$ 4.43/lb UP +0.39% | Zinc US$ 2 935.80/T DOWN -0.18% | Brent Crude Oil US$ 87.24/BBP DOWN -0.0018 | Platinum US$ 996.20/OZ UP +1.96% Sport results: Rugby World Cup U20: Wales U20 34 vs 41 New Zealand U20 | South Africa U20 57 vs 7 Fiji U20 | Australia U20 35 vs 11 Georgia U20 | Ireland U20 55 vs 15 Italy U20 | England U20 40 vs 21 Argentina U20 | France U20 49 vs 12 Spain U20 Weather: Katima Mulilo: 11° | 30° Rundu: 12° | 32° Eenhana: 12° | 32° Oshakati: 13° | 30° Ruacana: 13° | 30° Tsumeb: 15° | 27° Otjiwarongo: 8° | 27° Omaruru: 9° | 27° Windhoek: 7° | 24° Gobabis: 8° | 27° Henties Bay: 10° | 18° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:44, High tide: 13:07, Low Tide: 18:54, High tide: 01:19 Swakopmund: 13° | 16° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:42, High tide: 13:05, Low Tide: 18:52, High tide: 01:17 Walvis Bay: 11° | 21° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:42, High tide: 13:04, Low Tide: 18:52, High tide: 01:16 Rehoboth: 7° | 25° Mariental: 8° | 23° Keetmanshoop: 8° | 21° Aranos: 8° | 25° Lüderitz: 11° | 20° Ariamsvlei: 9° | 21° Oranjemund: 9° | 18° Luanda: 20° | 22° Gaborone: 10° | 26° Lubumbashi: 11° | 28° Mbabane: 11° | 27° Maseru: 6° | 18° Antananarivo: 6° | 21° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 15° | 30° Windhoek: 7° | 24° Cape Town: 12° | 15° Durban: 15° | 24° Johannesburg: 12° | 19° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 14° | 27° Harare: 12° | 24° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.54 | EUR to NAD 19.97 | CNY to NAD 2.56 | USD to NAD 18.6 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.76 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.27 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.97 | USD to AOA 862 | USD to BWP 13.66 | USD to EGP 48.11 | USD to KES 127.98 | USD to NGN 1504.9 | USD to ZAR 18.59 | USD to ZMW 23.93 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1772.61 Down -1.31% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13245.01 Down -0.44% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27985.89 Up +0.06% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9374.78 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 329.49/OZ DOWN -0.0012 | Copper US$ 4.43/lb UP +0.39% | Zinc US$ 2 935.80/T DOWN -0.18% | Brent Crude Oil US$ 87.24/BBP DOWN -0.0018 | Platinum US$ 996.20/OZ UP +1.96%