Omgewingsministerie se begrotingsverhoging van 21% ‘onvoldoende’
Die minister van die omgewing, bosbou en toerisme, Pohamba Shifeta, het gesê sy ministerie se begrotingsverhoging van 21% is onvoldoende, maar dat die ministerie die pyp sal rook met die beperkte hulpbronne tot sy beskikking.
Hy het tydens sy begrotingsmotivering vir die 2024-’25-boekjaar gesê meer as N$725 miljoen is aan die ministerie toegeken. Dis ’n verhoging van 21% vergeleke met die vorige boekjaar.
Shifeta het gesê hoewel die ministerie dankbaar is vir die wesenlike verhoging, is dit steeds nie voldoende om al sy operasionele programme tot uitvoering te bring nie.
“Ons sal voortgaan om doeltreffendheid te prioritiseer en te verseker dat ons die positiewe impak op ons mense en omgewing maksimaliseer met die beperkte hulpbronne tot ons beskikking.”
Hy het gesê ’n bedrag van meer as N$279 miljoen is aan die bestuursprogram onder die vaandel van die ministerie toegeken.
Met die klem op sommige van die sleutelprestasies en uitdagings onder hierdie program, het Shifeta gesê Namibië het ’n indrukwekkende netwerk van beskermde gebiede.
Hy het gesê dat 20 staatsbeheerde beskermde gebiede of nasionale parke ongeveer 17% van die land se oppervlak beslaan.
“Beskermde gebiede speel steeds ’n belangrike rol in die bewaring van ons wild, belangrike habitatte en landskappe, en dit is die grootste trekpleister vir toeriste wat Namibië besoek.”
Volgens Shifeta het die ministerie die implementering van maatreëls opgeskerp om die impak van mens-wild-konflik te verminder.
Hy het gesê die ministerie het mens-wild-bewustheidsprogramme in alle geaffekteerde gebiede uitgevoer en opleiding oor mens-wild-konflikbestuur aan bewaringsgebiede in die Kunene-, Zambezi-, Otjozondjupa-, Oshana-, Erongo-, Omaheke-, Oshikoto- en Omusatistreek verskaf.
Verder het die ministerie 32 leeubewaarders en 172 wildwagters op die gebied van mens-wild-konflik opgelei.
As deel van sy pogings om die impak van mens-wild-konflik op boere en gemeenskappe te versag, het die ministerie materiaal vir heinings aan 390 boere verskaf om olifante af te skrik.
“Ons het 12 roofdierbestande krale in die sentrale Noorde gebou, 24 in Kunene, 35 in die Chobe-gebied, 15 in die Kavango-oorgrensbewaringsgebied en drie in die krokodilkampe in die Zambezistreek.
“Verder is 35 satelliethalsbande vir roofdiere ontplooi, insluitend vir leeus, gevlekte hiënas, luiperds en krokodille in die noordwestelike en noordoostelike streke.”
Die ministerie het ook drie vroeë waarskuwingtorings in Kunene-Suid opgerig, terwyl twee boorgate in die King Nehale-bewaringsgebied met mure en sonpanele toegerus is.
Die ministerie het ook 21 boorgate in Kunene en die sentrale Noorde instand gehou en skoongemaak en twee boorgate in Kunene-Noord geboor.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie