Onafgehaalde ID’s hoop op by ministerie
Identiteitsdokumente (ID’s) wat nie afgehaal word nie en ophoop, veroorsaak hoofbrekens vir die ministerie van binnelandse sake, immigrasie, veiligheid en sekuriteit en daarom gaan aansoekers weer deur middel van ’n SMS herinner word om dit af te haal.
Volgens die ministerie is 'n yslike 52 899 ID-kaarte nie afgehaal deur die Namibiërs wat daarvoor aansoek gedoen het nie, en hoop dit by die ministerie se kantore op.
Van die 114 345 ID-kaarte wat in die boekjaar 2021-’22 uitgereik is, is slegs 61 455 kaarte deur die aansoekers afgehaal.
’n SMS-diens in samewerking met MTC is weer ingestel om aansoekers deur middel van kennisgewings te herinner om hul ID's af te haal. Hulle sal ’n SMS ontvang wanneer dit goedgekeur is en gedruk word, en weer wanneer dit is gereed is en die aansoeker dit kan afhaal.
Mnr. Etienne Maritz, uitvoerende direkteur van dié ministerie, sê aansoekers kan dit afhaal by die kantoor wat hulle aangedui het dit afgehaal sal word, of hulle kan versoek dat dit gestuur word na die ministerie se kantoor in die streek waar die aansoeker woon.
Hy sê binnekort sal aansoekers ook deur middel van ’n teksboodskap kan navraag doen oor vordering met die aansoek. Dit sal ook vir ander dienste van die ministerie geld.
Alle Namibiërs moet volgens wet vir ’n ID aansoek doen wanneer hulle 16 jaar oud word, of wanneer burgerskap of permanente inwonerstatus aan mense toegeken word.
Maritz maan mense ook om hul geboortesertifikate en ID’s veilig te bêre, aangesien ’n toename in identiteitsdiefstal beleef word.
Om te kan aansoek doen vir ’n ID, moet mense ’n volledige voltooide aansoekvorm saam met ’n gewaarmerkte afskrif van hul geboortesertifikaat, of ’n gewaarmerkte afskrif van hul burgerskapsertifikaat (dit geld mense wat buite Namibië gebore is).
Mense wat permanente inwoners is, met ’n gewaarmerkte afskrif van dié permit aanheg. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie