Justice minister, Yvonne Dausab, calls for reform of master of high court directorate.
Justice minister, Yvonne Dausab, calls for reform of master of high court directorate.

“Ons het nog 'n lang pad om te gaan” – Dausab

Kristien Kruger
Jemimah Ndebele

Die minister van justisie, Yvonne Dausab, versoek dringende hervorming van die direktoraat vir die meester van die hooggeregshof, vanweë kommer oor die buitensporige vertragings wat dikwels plaasvind.

“Die mandaat van hierdie direktoraat het ’n uitwerking op die lewens van diegene in die mees haglike omstandighede in ons samelewing. Die terugvoering van die publiek dui daarop dat ons ’n lang pad het om te gaan in die verskaffing van voldoende en gehalte diens,” het Dausab tydens haar parlementêre begrotingsmotivering verklaar.

Sy het die afhandeling van oorledenes se boedels en die betaling van toelaes deur die Guardian Fund as sleutelgebiede uitgelig.

“Te veel vertragings word veroorsaak as gevolg van die nie-nakoming van voorgeskrewe tydlyne asook swak kommunikasie tussen amptenare en eksekuteurs of agente wat aangestel is om die boedels namens die eksekuteurs te administreer,” het sy gesê.

ETIESE BEKOMMERNISSE

Dausab het ook kommer uitgespreek oor die etiese optrede van agente wat deur die meester se kantoor aangestel is, aangesien meer en meer gevalle van oneerlikheid, wanhantering van boedelbates en algemene minagting van die erfgename se belange aangemeld is.

“Die belanghebbendes wat betrokke is om hierdie besorgdheid aan te spreek, sal binnekort byeen geroep word om kwessies aan te spreek en oplossings daarvoor te vind. Kliëntesorg by die meesterskantoor is ook ’n groot bekommernis wat die ministerie op ’n deurlopende wyse deur opleiding sal aanspreek, wat emosionele intelligensie-opleiding van personeel insluit,” het sy gesê.

PROJEKTE

Verder het Dausab die bou van ’n hofgebou in Keetmanshoop, wat in geslagsgebaseerde geweld-sake sal spesialiseer, asook hofstrukture in Okahoa en Hoachanas aangekondig.

Sy het verder die platform gebruik om die dispuut van die Katima Mulilo-landdroshof op te klaar.

“Die aangeleentheid was ’n voortdurende geskil tussen die ministerie van justisie en die kontrakteur wat vir die projek aangestel is. Dié dispuut is aan arbitrasie onderwerp, wat sedertdien ook misluk het. Die saak sal nou na die hooggeregshof geneem word vir ’n aansoek om die besit van die gebou te verkry om die projek te voltooi,” het sy verduidelik.

Die minister het ’n begroting van N$599 miljoen voorgestel.

Kommentaar

Republikein 2024-12-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 20° | 32° Eenhana: 19° | 27° Oshakati: 21° | 27° Ruacana: 20° | 25° Tsumeb: 19° | 27° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 21° | 33° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 18° | 28° Henties Bay: 16° | 21° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 16° | 21° Rehoboth: 21° | 32° Mariental: 22° | 36° Keetmanshoop: 20° | 36° Aranos: 20° | 35° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 14° | 23° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 20° | 24° Lubumbashi: 17° | 31° Mbabane: 16° | 19° Maseru: 15° | 31° Antananarivo: 15° | 34° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 26° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 17° | 25° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 17° | 21° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 21° | 34° Harare: 19° | 31° #REF! #REF!