Ouetehuisverslag gaar stof op
Kwessie nog steeds nie getakel nie
'n Verslag wat reeds in 2016 uitgereik is, het bevind meeste streke in die land het 'n behoefte aan meer ouetehuise.
Kenya Kambowe - Dit is byna agt jaar sedert ’n parlementêre staande komitee bevind het Namibië het meer ouetehuise nodig om senior burgers se lyding hok te slaan. Die komitee se verslag oor die kwessie gaar egter steeds stof op.
Die parlementêre staande komitee oor geslagsgelykheid, maatskaplike ontwikkeling en gesinsake het vanaf Maart tot Augustus 2016 die stand van ouetehuise in die land ondersoek.
Volgens die verslag het meeste van die gemeenskappe gesê daar is ’n ernstige behoefte aan ouetehuise, met die Zambezistreek wat gemengde gevoelens oor die inisiatief gehad het.
Landswye openbare verhore het gevolg op die tweede voorlesing van ’n mosie oor ouetehuise, wat oorspronklik op 26 Junie 2015 deur die parlementariër Elma Dienda in die Nasionale Vergadering (NV) ter tafel gelê is.
Diegene wat ten gunste van die mosie was, het talle kwessies gelys soos die verwaarlosing van kinders en familielede ten opsigte van bejaardes in hul sorg, mishandeling, afknouery, ’n gebrek aan bekostigbare behuising, drankmisbruik deur bejaardes en armoede.
“Die gesinne van die meeste bejaardes verlaat hulle weens migrasie na stedelike gebiede vir werksgeleenthede. Hierdie beweging van jongmense wat vanaf landelike na stedelike gebiede trek, stel ’n ernstige uitdaging vir bejaardes, aangesien hulle dikwels alleen gelos word met verantwoordelikhede, soos om na troeteldiere en saailande om te sien en vir hulself te sorg.
“Daar moet na ’n bejaarde persoon omgesien word, byvoorbeeld om na hul mediese behoeftes om te sien en vir hulle te kook,” het die komitee bevind.
“Sommige kinders mishandel hul ouers deur hul maandelikse pensioentoelae met geweld af te neem of hul eie kinders in hul ouers se sorg te laat sonder om die nodige ondersteuning te bied.”
Sommige dorpe het ouetehuise waaroor die regering toesig hou.
In die verslag word opgemerk dat sommige van dié huise aandag nodig het en dringend opgeknap moet word.
BESTAANDE PROJEKTE
Tydens ’n ondersoek na die status van dié mosie deur Republikein se susterkoerant Namibian Sun, het dit aan die lig gekom dat dit op 17 Maart 2020 in die parlement aanvaar en aan die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste gestuur is vir implementering
Die uitvoerende direkteur, Ben Nangombe, het egter by navraag gesê daar is ’n regeringsopdrag wat ministeries verplig om op bestaande projekte te fokus.
“Natuurlik is die welstand van ons burgers belangrik. Die feit dat daar bejaardes is wat nie toegang tot noodsaaklike dienste het nie, is kommerwekkend, maar in hierdie stadium werk die ministerie daaraan om uitstaande projekte te voltooi voordat ons nuwe projekte aanpak,” het hy gesê.
TYD LOOP UIT
In 2015 het Namibian Sun berig dat president Hage Geingob – terwyl hy inwoners in die ||Kharasstreek toegespreek het – die moontlikheid geopper het om meer ouetehuise te bou.
Met Geingob se tweede ampstermyn wat volgende jaar tot ’n einde loop, lyk daardie moontlikheid egter al hoe meer onwaarskynlik.
Intussen het die voormalige adjunkminister van finansies, Natangwe Ithete, ouetehuise met tronke vergelyk en Namibiërs daarvan beskuldig dat hulle hul kultuur verloor deur bejaarde familielede na hierdie ouetehuise te neem.
Hy sê in plaas daarvan om bejaardes in ouetehuise te los, moet Namibiërs senior burgers koester deur vir hulle te sorg en hul kultuur te bewaar. Hy het dié opmerkings in Maart 2020 in die parlement gemaak toe die verslag bespreek is.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie