Ovaherero-owerheid verwerp Kapuuo
OTA steun Katjiua as opperhoof
Minister Uutoni word daarvan beskuldig dat hy in die stam se leierskap inmeng.
Die Ovaherero Tradisionele Owerheid (OTA) en tradisionele leiers van die Herero-gemeenskap landswyd het gister ’n optog na die hoofkantoor van die ministerie van stedelike en landelike ontwikkeling in Windhoek gehou.
Die betogers wou ’n klagskrif – wat aan minister Erastus Uutoni gerig is – oorhandig.
Dit volg nadat die raad van hoofmanne verskeie besluite geneem en resolusies Sondag uitgereik het.
Altesaam 192 uit 342 van die hoofmanne wat deur die regering erken en in die Staatskoerant gepubliseer is, het die vergadering bygewoon waar die besluite eenparig aangeneem is, volgens Ombara Ruben Uazukuani Rukambe wat die klagskrif voorgelees het. Ombara Bethold Tjiundje was die voorsitter van die vergadering.
Die raad het onder meer besluit om hul voorsitter Ombara Vipuira Kapuuo te herroep, en dat hy voor ’n dissiplinêre komitee moet verskyn. Kapuuo moet antwoord op klagtes dat hy sedert sy aanstelling as voorsitter, ná die dood van opperhoof Tumbee Tjombe, aanhoudend onbetaamlik, eensydig en verdelend opgetree het. Die dissiplinêre komitee sal uit Ombara Kapukare, Ozombara Tjingaete, Uazukuani, Tjiramba en Murise bestaan.
Verder is besluit om prof. Mutjinde Katjiua as die nuwe opperhoof aan te stel.
Die klagskrif beskuldig minister Uutoni van bevooroordeelde en onderdrukkende behandeling van die tradisionele owerheid en dat hy moet ophou om die OTA se bedrywighede te kniehalter.
“Agbare minister, die onlangse optrede van u ministerie het ons oortuig dat u, bewustelik of onbewustelik, deel is van die eksterne magte wat poog om die Ovaherero-gemeenskap te destabiliseer, en ons voel verplig om u te waarsku dat ons nie sulke inmenging sal duld nie. Die leier van die Ovaherero-mense sal nie deur enige regering op ons afgedwing word nie,” luidens die klagskrif.
Minister Uutoni, ons dring aan dat jy jou aanhoudende poging moet stopsit om die regeringswerktuig wat aan die Ovaherero Tradisionele Owerheid toegeken is, te skut. Weer eens minister, stop jou twyfelagtige poging om geld terug te hou wat aan die OTA verskuldig is,” lui die klagskif.
Uutoni word spesifiek daarvan beskuldig dat viskwotageld ter waarde van N$176 000, en N$9 000 wat elke kwartaal vir brandstof moes oorgedra word, teruggehou word.
Die klagskrif lui verder: “Jou pogings om hoofman Kapuuo op die Ovaherero-mense af te dwing vanweë sy blote ere- en titulêre posisie as voorsitter van die hoofraad – waaruit hy nou geskors is – het klaaglik misluk.”
Die raad van hoofmanne het besluit om die hooggeregshof te nader nadat regter Herman Oosthuizen op 12 April ’n versoek om Kapuuo te verbied om ’n raadsvergadering te belê, van die hand gewys het. Katjiua is die reg gegee om beëdigde verklarings in dié verband af te lê.
Adjunkminister Nathalia /Goagoses het die klagskrif namens Uutoni in ontvangs geneem en belowe die regering sal terugvoering gee. Sy het gevra dat vrede bewaar word. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie