Rampe tref kwesbares die hardste
Die adjunkminister van stedelike en landelike ontwikkeling, Evelyn !Nawases-Taeyele, het Woensdag by die vieringe van Wêrelddag vir Ramprisikobestuur gesê dat gemarginaliseerde gemeenskappe en die armes die meeste deur rampe geraak word.
“Ons is ’n getuie van die ekonomiese swaarkry wat lei tot stygende rentekoerse, inflasie, pryse en skuldvlakke wat kwesbare gemeenskappe verpletter,” het sy by dié geleentheid gesê.
“Ons sien hoe die lewenskostekrisis ontvou, wat behoeftige mense in ons samelewing die hardste tref. In Namibië is ons nie immuun daarteen nie, aangesien ons blootgestel is aan ’n legio van rampe, insluitend droogtes wat lei tot die verlies van vee en landbouprodukte op grootmaat. As dit nie genoeg is nie, is ons ook vatbaar vir vloede, veldbrande, die uitbreking van peste en windstorms, om net ’n paar te noem,” sê sy.
!Nawases-Taeyele sê dit is noodsaaklik om voorsorg vir rampe te tref.
“Die wêreldveldtog wat ons vandag herdenk met die tema om ongelykheid te beveg vir ’n veerkragtige toekoms, het ten doel om ’n wêreldkultuur van rampvermindering te skep, insluitend rampveerkragtigheid, voorkoming, bemiddeling, paraatheid en herstel,” het sy gesê.
Intussen is Namibië nog op koers om die rampvoorkomingsdoelwitte, wat in lyn is met die Verenigde Nasies (VN) se Volhoubare Ontwikkelingsdoelwitte (SDG’s), te bereik.
“Namibië gaan voort om skouer aan skouer saam met ons bure in die streek en wêreldwye vriende te werk om die siklus van armoede en rampe te breek deur die verskeie internasionale ooreenkomste na te kom wat daarop gemik is om die VN se SDG’s te bereik,” het !Nawases-Taeyele gesê.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie