Regering dok op vir alle koste van vlugtende studente
Die regering staan pa vir die reis- en ander koste van die Namibiese vlugteling uit die Oekraïne wat besig is om in groepe na Namibië terug te keer.
Die repatriasieproses is aan die gang en vind plaas soos wat vlugte beskikbaar is, sê die ministerie van internasionale betrekkinge en samewerking (Mirco).
Volgens die ministerie was daar 89 Namibiese burgers in Oekraïne en 80 van hulle is veilig, insluitend ’n vrou wat nie wil bekend maak waar sy haar tans bevind nie.
“Sewe Namibiërs is nog in Oekraïne, terwyl dit nie bekend is waar die ander twee hulle bevind nie,” sê die ministerie in ’n verklaring.
Dit blyk die aanvanklike getal van 114 burgers waaroor vroeër berig is, het mense ingesluit het wat Oekraïne voor die 24 Februarie-inval reeds verlaat het.
Die oorgrote meerderheid van Namibiërs wat uit die Oekraïne na buurlande moes vlug, is studente wat aan universiteite en ander tersiêre instellings in dié land studeer het.
Die Namibiese ambassades in Oostenryk, Duitsland en Rusland sorg tans vir hulle verblyf in die lande waarheen hulle gevlug het, asook hulle etes en bespreek hulle vliegkaartjies Namibië toe.
“Die regering sal alle kostes dra wat verband hou met hulle verblyf, PCR-toetse, vliegtuigkaartjies en persoonlike benodigdhede.
“Wanneer hulle hier land sal hulle na Windhoek geneem word, tensy familie of vriende hulle by die lughawe ontmoet,” sê die ministerie.
Hulle sal luidens die verklaring in Windhoek sielkundige berading en maatskaplike bystand ontvang indien hulle dit benodig, en verblyf sal ook op versoek vir hulle gereël word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie