Registrasieveldtog goed op dreef
Sowat 24 000 identifikasiedokumente (ID's) en geboortesertifikate is landswyd uitgereik sedert die ministerie sy veldtog van stapel gestuur het om nasionale identifikasiedokumente oraloor die land te registreer.
Die registrasieveldtog het op 5 Februarie begin en sal tot 30 Julie duur.
Volgens die woordvoerder van die ministerie van binnelandse sake, immigrasie, veiligheid en sekuriteit, Margaret Kalo, is altesaam 9 881 geboortesertifikate en 14 511 nasionale identifikasiedokumente uitgereik.
“Die ministerie moedig burgers aan wat nie nasionale dokumente het nie of hul dokumente verloor het, om van die massaregistrasie gebruik te maak om vir noodsaaklike nasionale dokumente te registreer,” het sy gesê.
Kalo het gesê die registrasieveldtog fokus op geboorteregistrasie vir persone van alle ouderdomme, aansoeke om duplikaatgeboortesertifikate, aansoeke om identiteitsdokumente en aansoeke om duplikaatidentiteitsdokumente.
"In die nakoming van sy verbintenis tot uitnemendheid in dienslewering, is die ministerie toegewyd om te verseker dat hy dienste van hoë gehalte verskaf aan die mense wat hy dien," het sy gesê.
VEREISTES
Om 'n geboorte te registreer, moet 'n bewys van geboorte verskaf word. Die bewys kan verkry word van die hospitaal waar die vrou geboorte geskenk het of van 'n persoon wat die geboorte aanskou het in die geval waar die kind by die huis gebore is.
Ouers se nasionale dokumente word ook vereis. Indien 'n ouer nie by die registrasie teenwoordig is nie en op die geboortesertifikaat van 'n kind geregistreer wil word, moet 'n verklaring en ID-afskrif voorsien word.
“As jy vir die eerste keer om geboortesertifikate aansoek doen, sal jy nie betaal nie. Vir duplikaatgeboortesertifikate sal jy egter N$100 betaal, wat met N$100 styg vir elke duplikaat wat uitgereik word,” het Kalo gesê.
WEES GEREED
Om vir 'n identiteitsdokument aansoek te doen, moet 'n persoon 'n Namibiese burger of permanente inwoner en 16 jaar of ouer wees.
'n Oorspronklike Namibiese geboortesertifikaat en 'n gesertifiseerde afskrif van die geboortesertifikaat, of gesertifiseerde afskrifte van burgerskap- en permanente verblyfpermitte, moet ingedien word. Vingerafdrukke en foto's sal deur amptenare by die mobiele registrasiesentrum geneem word.
“Diegene wat vir die eerste keer vir ’n ID aansoek doen, sal nie betaal nie. Vir 'n duplikaat ID is dit egter N$150, wat met dieselfde bedrag styg vir elke duplikaat ID wat uitgereik word,” het Kalo verduidelik.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie