Regshulp: Wysigings fokus op die publiek
Direktoraat ontvang glo talle klagtes
Die minister van justisie beoog om ses wysigings aan die regshulpwet by die volgende Nasionale Vergadering ter tafel te lê.
“Ons wil graag die dienste verbeter wat ons aan die publiek lewer.”
Só het die minister van justisie, Yvonne Dausab, gesê in verband met die wysigings aan die wet op regshulp.
Dit was die onderwerp vir ’n inligtingsessie met die ministerie van inligting en kommunikasietegnologie wat Vrydag plaasgevind het.
Dausab sê sy beoog om ses wysigings aan dié wet by die volgende Nasionale Vergadering (NV), wat vir 28 Oktober geskeduleer is, ter tafel te lê.
“Hopelik kan hierdie wysigings vinnig ingestel word,” het sy gesê.
Volgens haar kom die wysigings nadat die direktoraat vir regshulp binne die ministerie glo talle klagtes oor die gehalte van dienste en die vertragings in aansoeke om regshulp ontvang het.
Dausab meen die wysigings is veral nodig om die wet van 1990 in ooreenstemming te bring met veranderinge wat mettertyd gekom het.
“Regshulp het in 1990 sowat 1 000 aansoeke per jaar ontvang. Nou kry ons jaarliks ??sowat 10 000 en sowat 70% van die aansoeke word goedgekeur,” het sy verduidelik.
WYSIGINGS
Die eerste wysiging wat Dausab verduidelik het, is die instelling van adjunkdirekteure in die direktoraat vir regshulp wat ook aansoeke kan oorweeg en goedkeur.
“Daar is tans net een direkteur en hy is in Windhoek. Dit stel ons in staat om die dienste te desentraliseer. Dit sal ook help met die opeenhoping en agterstand in aansoeke.”
In nog ’n wysiging beoog Dausab om die wet te verander sodat regshulp nie net op ’n persoon se inkomste fokus nie, maar ook die aard van die saak. Sy meen sake wat in die openbare belang is, kan ook vir regshulp kwalifiseer.
“Soos in gevalle waar iemand dalk hul primêre woning verloor of iemand die slagoffer is van huishoudelike of geslagsgebaseerde geweld.
“Daar moet ook ander oorwegings wees en nie net die inkomstedrempel nie,” het Dausab verduidelik.
’n Ander wysiging hou verband met die kriteria en wie vir regshulp kwalifiseer.
Dausab het verduidelik dat die drempel vir die maksimum netto inkomste waaronder iemand moet verdien om vir regshulp in aanmerking te kom, ’n paar maande gelede van N$3 500 tot N$7 000 opgeskuif is.
“Ons beoog egter om dié drempel tot N$10 000 te verhoog sodat meer mense van die diens gebruik kan maak.
“Almal moet gelyke toegang tot geregtigheid geniet,” het sy benadruk.
Nog ’n wysiging wat Dausab beoog om in te stel, is dat ondersoeke van stapel gestuur kan word in gevalle waar daar bewerings is dat ’n persoon nie aan die kriteria vir regshulp voldoen het nie.
Dausab het ook die instelling van ’n appèlkomitee bespreek om mense te akkommodeer wat ontevrede is met die afkeur van hul aansoeke.
Sy het verduidelik op die oomblik kan slegs die direkteur van regshulp sy eie besluite omkeer en as mense ontevrede is daarmee, kan hulle die hof nader om die besluit te hersien.
Die appèlkomitee kan hul besware aanhoor en gemagtig wees om die besluit om te keer aangesien die mense waarskynlik reeds nie die geld vir regsgedinge het nie.
Met die laaste wysiging poog die ministerie om ’n meganisme in plek te stel vir gehaltebeheer om seker te maak dat regshulpprokureurs dienste tot die beste van hul vermoëns lewer.
TOT PUBLIEK SE VOORDEEL
Dausab het verduidelik dat hulle noukeurig na die publiek se klagtes gekyk het en dit het hulle glo gemotiveer om na die wet te gaan kyk en vas te stel of dit voldoende is.
“Die verandering wat ons wil maak is dus tot voordeel van die publiek. Ek dink die publiek kan baie, baie gelukkig daarmee wees,” het sy gesê.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie