Regstellende aksie maak seer
Minister verdedig beleid, staatsbeheerde werwing
'n Opname toon dat die groei van die private sektor en werkskepping deur meer staatsbeheer gekniehalter word.
Namibië se beleid van regstellende aksie en die regering se toenemende poging om beheer van die private arbeidsmark oor te neem, belemmer ekonomiese groei en benadeel werkloses, veral diegene wat nie die staat se stelsel vir werksplasing gebruik nie.
Dit vorm deel van die resultate van ’n opname wat die Ekonomiese Beleidsnavorsingsvereniging (EPRA) gister vrygestel het.
In ’n nuusvrystelling oor die navorsing het Eben de Klerk namens EPRA gesê die wysigings wat die minister van arbeid, nywerheidsbetrekkinge en werkskepping, Utoni Nujoma, in September 2022 sonder bohaai in werking gestel het, is nog ’n tree in die verkeerde rigting.
Regulasies in verband met die wet op regstellende aksie en die wet op indiensneming is albei gewysig, met spesifiek die omvang van betrokke besighede wat vergroot is deur die drempel van 25 werknemers te verminder na besighede met net 10 werknemers.
Die opname toon dat 54% van besighede wat deelgeneem het, werk bied aan nege of minder werknemers. Net 14% het meer as 25 werknemers en die 32% wat werk aan tussen 10 en 24 werknemers bied, val weens die nuwe regulasies nou ook onder die sambreel van regstellende aksie.
Strenger reëls vir die verskaffing van inligting en bykomende koste sal bydra tot die meerderheid van plaaslike besighede se onwilligheid om meer werkers aan te stel om onder die drempel te bly, sê De Klerk.
Verder is bevind dat 89% van die respondente onbewus was van ’n konsultasieproses oor die nuwe regulasies. Dit ten spyte van Nujoma se aandrang in die parlement verlede week dat sy ministerie deurlopend die aanpassings met alle belanghebbers bespreek het.
In antwoord op vrae gestel deur die PDM-parlementslid Lukas Hamata, het Nujoma verlede Donderdag gesê: “Sedert die publikasie van die verlaging van die drempel in die Staatskoerant, het die ministerie hierdie inligting bekend gemaak,” hou hy vol.
Nietemin is meer as die helfte van plaaslike besighede onbewus van hul pligte onder regstellende aksie en die wet op indiensneming, dui die opname.
Sowat 41% weet nie dat hulle strafregtelik vervolg kan word as hulle nie aan die wetgewing voldoen nie.
Almal stem nie saam dat sake-eienaars vervolg moet word as hulle nie eers aansoekers deur die regering se stelsel oorweeg om poste te vul nie.
Altesaam 99,4% stem nie saam dat die regering werksgeleenthede in die private sektor moet reguleer nie, en 88% dink dit sal werksgeleenthede verminder. 94% dink nie die stelsel sal help om beter werknemers aan te stel nie en 93% dink nie die aanstellingsproses sal eenvoudiger word nie.
Verder stem 93% nie saam dat Namibië se informele sektor by die stelsel sal baat of dat dit werkloosheid in Namibië sal verminder nie.
Net 2% van die besighede het in die verlede die regering se stelsel gebruik om werknemers aan te stel.
Die volledige opname dui dat die impak van regstellende aksie oor die afgelope 25 jaar Namibië se mededingingsvermoë verminder het, buitelandse beleggings vertraag het, kapitaalbeleggings verklein het, en belegging in die private sektor belemmer het. Verder is werkloosheid onder die jeug vererger.
Volgens De Klerk word nie ’n enkele aspek van die gedwonge werwingstelsel in ’n positiewe lig beskou nie.
“Respondente is van mening dat die stelsel ’n verdere struikelblok is, bydra tot koste om sake te doen, die stigting van nuwe besighede sal belemmer, en vrugbare grond vir meer korrupsie en nepotisme is,” skryf hy.
EPRA se bestuurskomitee bestaan uit Gideon Shilongo, Johan Coetzee en Jaime Smith.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie