Die brug oor die Oranjerivier tussen Velloorsdrift en Onseepkans. FOTO VERSKAF
Die brug oor die Oranjerivier tussen Velloorsdrift en Onseepkans. FOTO VERSKAF

SA open grensposte, Nam s’n nog toe

Immigrasiebeamptes reeds ontplooi, sê Maritz
Toeriste uit Namibië of Suid-Afrika wat graag van die hoofroetes wil afwyk, kan uitsien na die heropening van die kleiner grensposte tussen dié twee buurlande.
Ronelle Rademeyer
Suid-Afrika het op 1 Augustus die kleiner grensposte heropen wat aan sy noordwestelike grens en by die Oranjerivier toegang na Namibië bied, maar dit baat reisigers niks aangesien die grensposte aan die Namibiese kant van die grens nog gesluit is.

Hoewel Namibiese immigrasiebeamptes reeds na dié grensposte ontplooi is, sal ’n aankondiging oor die heropening daarvan eers later vandeesweek gemaak word.

Volgens die uitvoerende direkteur van binnelandse sake, immigrasie, veiligheid en sekuriteit, mnr. Etienne Maritz, is sy ministerie besig met die finale voorbereidings om die grensposte te heropen en sal die datums deur die loop van die week bekend gemaak word.

“Ons immigrasiebeamptes is reeds by al dié dienspunte uitgeplaas,” het hy by navraag gesê.

Die heropeningsproses behels egter dat die immigrasiebeamptes deur die ministerie van gesondheid en maatskaplike (MoHSS) opgelei word in die toepassing van die gesondheidsregulasies wat vir reisigers geld.

By die groter grensposte soos Buitepos, Ariamsvlei en Noordoewer is gesondheidsbeamptes van MoHSS voltyds in diens om seker te maak besoekers beskik oor ’n Covid-19-inentingsertifikaat wat toon hulle is volledig ingeënt, of ’n negatiewe PCR-toets indien hulle nie ingeënt is nie.

“Dié opleiding sal die heropening van hierdie grensposte moontlik maak sonder dat MoHSS gesondheidsbeamptes daar te hoef ontplooi,” sê Maritz.

Die grensposte wat sedert Maart 2020 met die aankonding van die Covid-19-inperkingstyd gesluit was, is die een by Mata Mata in die Kgalagadi-oorgrenspark naby Gochas, Klein Menasse naby Aroab, die Velloorsdrift-Onseepkans-grenspos suid van Karasburg, Sendelingsdrift by Rosh Pinah, asook die grenspos tussen Oranjemund en Alexanderbaai

Laasgenoemde grenspos het verlede jaar heropen, terwyl dié by Buitepos, Ariamsvlei en Noordoewer deurentyd oop was sodat die vloei van vragverkeer tussen Namibië en Suid-Afrika ongelemmerd kon geskied, selfs tydens die streng inperkingstye in 2020.

’n Stemboodskap deur ene kapt. Van Vuuren is Maandag wyd op WhatsApp versprei. “Ek staan nou hier by die grenspos (by Onseepkans). Die SA kant is oop om deur te gaan Namibië toe, maar toe kom die Namibiese kant se mense (immigrasiebeamptes) nou hiernatoe en sê hulle (grenspos) is toe. Hulle laat niemand daardie kant in nie.

“Jammer vir die ongerief, maar dit is nou uit ons hande uit,” sê hy en vra dan en versoek mense om dié inligting met ander te deel. – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!