Schlettwein bevraagteken N$59 miljoen vir 6 plase
Ministerie brei uit oor hervestigingsplanne
Die minister van landbou, water en grondhervorming sê hy kan nie glo elke plaas het die belastingbetaler byna N$10 miljoen gekos nie.
Die minister van landbou, water en grondhervorming, Calle Schlettwein, het bevraagteken hoe sy ministerie N$59 miljoen op ses plase bestee het en gesê dié uitgawe is “te groot”.
Die ses plase – met ’n gesamentlike grootte van 27 892 hektaar – is verlede jaar onder die regering se omstrede hervestigingsprogram bekom.
Die minister het dié opmerkings Maandag tydens sy jaarlikse toespraak aan personeel en ander rolspelers gemaak – waar hy gesê het die kostedoeltreffendheid rakende die bedrae wat vir die plase betaal is, moet bevraagteken word.
“Is dit die beste manier om byna N$60 miljoen te bestee om ses plase te koop, N$10 miljoen per plaas, of is dit te veel en hoe kan ons dit verander? Ek glo dit is ’n geldige vraag.
“[As] ek die finansiële sektor vra [om] N$10 miljoen te leen om ’n plaas te koop, sal ek in die huidige omstandighede myself uit daardie skuld kan boer? Die antwoord is nee.
“Natuurlik het hierdie hervestigingsboere die voordeel dat hulle niks vir die plase betaal nie. Ons verskaf daardie grond omdat ons weet dat dit weggeneem is, maar die ekonomiese haalbaarheid van daardie prys moet my oortuig dat dit die moeite werd is om deur te voer.”
GEVORDERDE STADIUM
Die ministerie het ook twee plase naby die Neckartaldam – met ’n gesamentlike grootte van 11 177 hektaar – vir N$5,7 miljoen bekom om die ontwikkeling van die besproeiingsprojek moontlik te maak, het Schlettwein gesê.
Kommunale grondrade het meer as 2 180 registrasies van kommunale grondregte goedgekeur, wat grondsekuriteit en verblyfreg in kommunale gebiede versterk het.
Volgens die minister is die wetsontwerp op grond – wat al vir ’n geruime tyd hersien word – nou in ’n gevorderde opstelstadium en sal dit waarskynlik in die 2023-kalenderjaar ingedien kan word.
Die ministerie het ’n aksieplan geprioritiseer vir die implementering van die deurlopende 134 van die 176 resolusies wat by die tweede Nasionale Grondkonferensie gemaak is, het hy gesê.
Schlettwein het bygevoeg dat hulle die nasionale kommunale grondadministrasiestelsel (NCLAS) ontwikkel het, wat nou ten volle funksioneel is en met streekdatabasisse gesinchroniseer is.
“Ons het die groen lig van die kabinet gekry vir die hersiene hervestigingsbeleid, wat ’n noodsaaklike element is om die implementering van die resolusies van die tweede grondkonferensie te versnel. Ons moet nou voortgaan om die hervestigingskriteria te finaliseer op grond van die hersiene beleid.”
Die kerndoel wat die hersiening in die oog moet hou, is om hoër vlakke van billikheid en produktiwiteit in die hervestigingsprogram te bereik, het hy gesê.
NIE EEN OPLOSSING VIR ALMAL
“Basies het ons nie ’n een-oplossing-vir-almal-benadering om hervestigingsplase te verkry en toe te ken nie.”
Schlettwein het gesê hulle het ook voorgestel dat wanneer grondhervorming tot sy logiese gevolgtrekking gebring word, moet diegene van wie die grond weggeneem is, dit weer besit.
“Dus, die uiteindelike stap in grondhervorming is nie dat jy ’n verhuurder van die grond word nie, maar dat jy die titel-eienaar van die grond word.
“Die staat sal nou, pleks daarvan om hervestigingsboere se verhuurder te wees, die toesighouer wees.”
Hy het bygevoeg dat daar verdere wysigings in die hersiene beleid is wat binnekort bekend gemaak sal word.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie