Sekuriteitsbedryf het orde nodig
Forum verwerp ongeregistreerde organisasies
ֹ'n Onafhanklike vakbond sê bestaande regulasies word verontagsaam en omseil.
Sekuriteitswagte verdien min, word nie betyds betaal nie, kry nie die oortyd- en nagskoftoelae waarop hulle wettiglik geregtig is nie, Sondagtoelae word nie toegeken nie, hulle kry geen voordele nie en geld word afgetrek vir uniforms, vervoerkoste of enige klein foutjie wat hulle mag begaan.
So sê die stigter en waarnemende sekretaris-generaal van die Nasionale Vakbond vir Sekuriteitswagte (NSGPU), Mekupi Kandorozu.
Volgens hom is die ergste dat menige van Namibië se veiligheidswagte wapens kry sonder om enige opleiding te ontvang. Kandorozu sê sekuriteitsmaatskappye “kom oral soos paddastoele op en daar is geen beheer daaroor nie”.
“Die wagte ly in stilte,” sê hy.
Verlede week het die Namibië Sekuriteitsforum (NSLF) hom gedistansieer van enige veiligheidsorganisasie wat nie deur die ministerie van arbeid, nywerheidsbetrekking en werkskepping geregistreer of erken word nie.
In ’n gesamentlike verklaring sê die werkgewersorganisasie, die Sekuriteitsvereniging van Namibië (SAN);
en die vakbonde, die Namibiese Unie vir Vervoer- en Verwante Werkers (Natau), die Namibiese Onafhanklike Sekuriteitsvakbond (Nisu) en die Namibiese Unie vir Veiligheids- en Nagwagte (NASGWU), dat hul samesprekings oor die raamwerk vir ’n verhoging in minimum lone vir die bedryf voort duur.
Dit is een van die kwessies wat in ’n Memorandum van Verstandhouding (MoU) in Desember 2023 uiteengesit is.
Die forum waarsku ook werknemers om nie aan onwettige stakings deel te neem nie, en om op die drieledige proses – tussen werkgewer, vakbond en die regering – te vertrou.
Die NSGPU is sedert 10 September 2013 amptelik geregistreer, maar Kandorozu onderhandel steeds om by die forum te kan aansluit. Kandorozu is ’n afgetrede onderwyser wat al sedert 2010 probeer om sy vakbond uit te brei.
“Oor die afgelope jare was daar verbeteringe en ’n paar ooreenkomste is met sekuriteitsmaatskappye gesluit. Ander maatskappye wil glad nie luister nie, en sommige van hulle intimideer werknemers om nie by die vakbonde aan te sluit nie,” sê hy.
Volgens die arbeidswet vereis artikel 65, 2a, b en c van werkgewers om nie op onredelike wyse die geleentheid van vakbonde te weerhou om met werknemers te praat nie, voeg Kandorozu by.
“Maklik tien, twintig, dertigduisend, daar is baie,” sê Kandorozu oor die aantal sekuriteitswagte landswyd.
NSGPU spog nou met amper 700 lede, hoewel Kandorozu onlangs lêers vol aansoeke kon bymekaar maak.
Besighede wat hul werknemers toegang tot vakbondlidmaatskap weerhou of weier om lidmaatskapgelde af te trek, belemmer die vakbond se prestasies. ’n Tekort aan geld kniehalter bedrywighede, brei hy uit.
Die groot probleem is egter dat bestaande regulasies nie afgedwing word nie, sê hy.
Die minimum loon van N$10 per uur wat in 2014 in die Staatskoerant gepubliseer is, word nie toegepas nie, sê hy.
“Niemand betaal dit in elk geval nie, of net ’n handjievol. Wat help dit om iets in die Staatskoerant te publiseer wat nie afgedwing word nie?” vra hy.
Intussen word gewag vir die wetsontwerp op sekuriteitsdiensverskaffers om bemagtig te word.
Die laaste samesprekings is in Julie verlede jaar gehou, toe insette van belanghebbendes ingevorder is, volgens Kandorozu.
Sedert die adjunkminister van binnelandse sake, immigrasie, veiligheid en sekuriteit, Daniel Kashikola, in September verlede jaar vervang is, is geen verdere inligting oor die konsepwet verskaf nie.
Daarsonder is daar geen sekuriteitsregulerende raamwerk nie, wat die hele bedryf kwesbaar laat, sê Kandorozu.
Die drie betrokke ministeries moet vergader en saam beheer oor die bedryf neem, sê Kandorozu.
Die ministeries van binnelandse sake, immigrasie, veiligheid en sekuriteit; van arbeid, nywerheidsbetrekkinge en werkskepping; en van handel en nywerheidsontwikkeling wat verantwoordelik is vir die registrasie en goedkeuring van maatskappye; moet saam die bedryf tot orde roep, sê die vakbondleier.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie