Staatshospitale ‘val uitmekaar’
Geen geld vir instandhouding
Sommige hospitale is dubbelkajuitbakkies gegee om te gebruik sonder enige mediese of lewensondersteunende toerusting.
Henriette Lamprecht – Die meeste staatshospitale en -klinieke in nege streke van die land is vervalle met mure wat kraak, verf wat afskilfer en plafonne wat ingeval het.
Die blaam word geplaas voor onvoldoende finansiering om grootskaalse instandhouding en opknappingswerk te doen.
’n Verslag van die Nasionale Raad (NR) se staande komitee oor gesondheid, maatskaplike dienste en arbeidsaangeleenthede sonder veral die distrikshospitale op Otapi, Gobabis, Otjiwarongo en Walvisbaai uit waar geen opknappings gedoen word nie. Een van die oudste staatshospitale in die land, Onandjokwe, “val uitmekaar”, terwyl die Maltahöhe-kliniek wat in 2020 in ’n storm verwoes is en die distrikshospitaal op Mariental wat deur ’n brand verwoes is, nooit herstel is nie. Waar daar wel ’n poging aangewend word om opknappingswerk te doen soos by die Aranos-hospitaal, beweeg dit teen ’n slakkepas weens die voortdurende verandering in kontrakteurs die afgelope sewe jaar.
Op Otjiwarongo is ’n erf wat geïdentifiseer is vir die konstruksie van ’n nuwe distrikshospitaal, sewe jaar gelede reeds gediens en omhein sonder dat enige ontwikkeling verder plaasgevind het. Kraamsale by sommige hospitale waaronder dié op Outapi is so vol, pasiënte moet noodgedwonge op die vloer in gange slaap. Die konstruksie van ’n kraamsaal by die Onandjokwe-hospitaal het reeds in 2016 skielik tot stilstand gekom. Dit by ’n hospitaal wat jaarliks die meeste bevallings in die land hanteer.
Die ou en vervalle infrastruktuur plaas volgens die verslag ook ’n demper op die voorsiening van voldoende basiese higiëne, met die meeste hospitale wat vuil en met plae besmet is.
Die kliniek by die Epukiro-pos maak staat op ’n boorgat met soutwater wat nie vir menslike gebruik geskik is nie, terwyl die hospitaal op Omuthiya geen waterreservoir het vir noodgevalle nie. Verblyf vir personeel is onvoldoende en vervalle, met vakante poste by die meeste hospitale wat nie gevul kan word nie, omdat daar nie vir hulle blyplek is nie.
Ernstige uitdagings word met die vervoer van pasiënte ervaar. In Hardap is byvoorbeeld net agt uit die 17 ambulanse bruikbaar om pasiënte in die streek te vervoer. Minibusse wat in ambulanse omskep word, gee ook probleme omdat dit meestal op grondpaaie gebruik word en vinnig verweer. Sommige hospitale het dubbelkajuitbakkies gekry om te gebruik sonder enige mediese of lewensondersteunende toerusting.
Die verslag beskryf die houding van sommige gesondheidswerkers as “onaanvaarbaar”, ongeskik, ongeduldig en nalatig. Wasmasjiene, stowe, kragopwekkers en verbrandingsoonde by die meeste hospitale werk nie. Ook het die meeste hospitale nie gesondheidspaspoorte nie en pasiënte moet ’n notaboek saambring waarin inskrywings gedoen word.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie