STALLED: The Ministry of Fisheries and Marine Resources offices in Rundu which has been under construction since 2012.
STALLED: The Ministry of Fisheries and Marine Resources offices in Rundu which has been under construction since 2012.

Stormwaterkanaal halt werk aan Rundu se visserykantoor

Bykomende fondse toegeken
Die ministerie verwag om die konstruksie van die stormwaterkanaal gedurende die 2024-'25-boekjaar te voltooi en daarna voort te gaan met die bou van die kantore.
Yandi Du Plessis
Kenya Kambowe - Die ministerie van visserye en mariene hulpbronne se infrastruktuurprojek in Rundu – ter waarde van N$16 miljoen en wat sedert 2012 gebou word – is steeds onvoltooid.

Die ministerie sê nou die vertraging is weens ’n stormwaterkanaal, ’n uitdaging wat eers in die volgende boekjaar getakel sal word.

Dit volgens die ministerie se woordvoerder, Uaripi Katjiukua, wat gesê het “die projek is van stapel gestuur om kantoorruimte te verskaf aan die ministerie se personeellede wat in Rundu gebaseer is”.

“Die projek het deur die jare uitdagings teëgekom, en die huidige vordering staan op 65%.

“Tans is die grootste uitdaging die bou van ’n stormwaterkanaal aangesien die kantoorruimte naby ’n rivier gebou is wat daartoe lei dat swaar reënwater deur die gebied vloei,” het sy gesê.

GOEDKEURING HANGEND

“Vir die huidige boekjaar het die ministerie die bou van die stormwaterkanaal geprioritiseer. Die ontwerp en dokumentasie is voltooi; die tekeninge en die hoeveelheidslys is aan die ministerie van werke en vervoer voorgelê vir goedkeuring.

“Sodra goedkeuring verleen is, sal ’n kontrakteur aangestel word. Daar is op die oomblik niemand op die terrein nie,” het sy gesê.

“Die ministerie verwag om die konstruksie van die stormwaterkanaal gedurende die 2024-’25-boekjaar te voltooi en daarna voort te gaan met die bou van die kantore.”

LANK UITSTAANDE

Dit is al vier jaar sedert ons susterkoerant Namibian Sun die eerste keer oor hierdie onvolledige struktuur berig het, tog is geen vordering gemaak nie – behalwe dat die gras, struike en bome in die gebied hoog gegroei het.

Africa Civil Engineering het die projek oorgeneem nadat Executive City Construction se kontrak beëindig is.

Die aanvanklike kontrakteur is geskors omdat hy nie die werk volgens die oorspronklike opdrag uitgevoer en voltooi het nie.

Africa Civil Engineering sou na verwagting die projek teen einde 2018 voltooi het.

Dit is verder aan die lig gebring dat Africa Civil Engineering sowat N$5,8 miljoen betaal is vir werk wat van 7 Augustus 2015 tot 7 Julie 2017 gedoen is.

Sowat N$643 000 is deur die ministerie van werke behou, wat betaal sou word sodra die projek voltooi is.

Die visseryministerie het die afgelope dekade kantore en stoorkamers van die agentskap vir nywerheidsontwikkeling in Namibië (Nida) gehuur.

In 2019 het amptenare ontevredenheid met hul werksomgewing uitgespreek, aangesien sommige muurproppe en ligte nie gewerk het nie, terwyl ruimte beperk was.

Met voltooiing sal die projek ’n kantoorgebou, ablusieblok, werkswinkel, waskamer en netdroogfasiliteit, visvoerstoor, boot- en sleepwa-stoorfasiliteit, motorhuise, ’n kragopwekkerkamer en woonkwartiere vir wagte huisves.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-17

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 21° | 37° Rundu: 23° | 37° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 24° | 34° Ruacana: 21° | 35° Tsumeb: 25° | 34° Otjiwarongo: 21° | 31° Omaruru: 22° | 35° Windhoek: 20° | 32° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 16° | 22° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 15° | 21° Rehoboth: 20° | 34° Mariental: 22° | 37° Keetmanshoop: 20° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 16° | 34° Ariamsvlei: 21° | 37° Oranjemund: 13° | 23° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 21° | 37° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 16° | 33° Maseru: 15° | 31° Antananarivo: 16° | 32° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 21° | 36° Windhoek: 20° | 32° Cape Town: 16° | 22° Durban: 19° | 28° Johannesburg: 18° | 30° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 20° | 31° Harare: 18° | 29° #REF! #REF!